in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Minority Front
is 'n
politieke party
in
Suid-Afrika
. Die eerste leier was
Amichand Rajbansi
tot by sy dood op
29 Desember
2011
. Alhoewel die party voorhou om minderheidsgroepe in Suid-Afrika te verteenwoordig kom steun vir die party hoofsaaklik uit die Indiergemeenskap in Suid-Afrika. Die party se grootste steunbasis is in
KwaZulu-Natal
, veral in
Durban
wat die kulturele en demografiese sentrum van Suid-Afrika se Indiergemeenskap is.
Die party is in November 1993 gestig as opvolger van die
National People's Party
wat in die destydse
Driekamerparlement gedien het. Hulle behaal 0,07% van die stemme tydens die eerste volledig demokratiese parlementsverkiesing van April 1994. Tydens die verkiesing van 1999 bekom hulle hul eerste parlementere setel.
Na Rajbansi se dood is sy weduwee, Shameen Thakur-Rajbansi in Januarie 2012 as leier aangewys.
[1]
Dit gee aanleiding tot 'n familie- en leierskap-twis. Rajbansi se seun (Vimal) en sy eerste vrou (Asha Devi Rajbansi) vra haar om as leier te bedank. Roy Bhoola word daarna tydens 'n wegbreek-konferensie as leier aangewys, maar dit hou nie lank water nie.
[2]
[3]
Verkiesing
|
Stemme
|
%
|
Setels
|
2019
|
11,961
|
0.07
|
0
|
2014
|
22,589
|
0.25
|
0
|
2009
|
43,474
|
0.25
|
1
|
2004
|
55,267
|
0.35
|
2
|
1999
|
48,277
|
0.30
|
1
|
1994
|
13,433
|
0.07
|
0
|
Verkiesing
|
Stemme
|
%
|
2016
|
13,407
|
0.03%
|
2011
|
113,195
|
0.4%
|
2006
|
84,785
|
0.3%
|
2000
|
|
0.3%
|