한국   대만   중국   일본 
Middelburg, Mpumalanga - Wikipedia Gaan na inhoud

Middelburg, Mpumalanga

Koordinate : 25°46′6.30″S 29°28′42″O  /  25.7684167°S 29.47833°O  / -25.7684167; 29.47833
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die dorp in Mpumalanga. Vir ander gebruike, sien Middelburg .
Middelburg
NG Gedenkkerk in Middelburg
NG Gedenkkerk in Middelburg
Middelburg is in Mpumalanga
Middelburg
Middelburg
 Middelburg se ligging in Mpumalanga
Koordinate: 25°46′6.30″S 29°28′42″O  /  25.7684167°S 29.47833°O  / -25.7684167; 29.47833
Land Vlag van Suid-Afrika  Suid-Afrika
Provinsie Mpumalanga
Distrik Nkangala
Munisipaliteit Steve Tshwete
Stigting 1864
Oppervlak
 ? Totaal 117,40 km 2 (45,33 vk. myl)
Hoogte
1 490 m (4 890 ft)
Bevolking
  (2011) [1]
 ? Totaal 87 348
 ? Digtheid 744/km 2 (1 930/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 ?  Wit mense 48.5%
 ?  Indiers/Asiers 3.8%
 ?  Bruin mense 5.6%
 ?  Swart mense 41.6%
 ?  Ander 0.5%
Taal (2011)
 ?  Afrikaans 50.3%
 ?  Zoeloe 12.4%
 ?  Engels 11.1%
 ?  Noord-Sotho 7.6%
 ?  Ander 18.6%
Poskode (strate)
1050
Poskode (posbusse)
1055

Middelburg is 'n groot dorp in Mpumalanga , naby Witbank , in Suid-Afrika . Die nedersetting het 'n bevolking van 87 348 in 2011 gehad. [1]

Geskiedenis [ wysig | wysig bron ]

Die dorp is eers gestig op die plase Klipfontein en Keerom langs die Klein Olifantsrivier in 1859 en was aanvanklik ook deel van die Republiek van Lydenburg. In 1864 , op aandrang van ds. Frans Lion Cachet , is die dorp verskuif na die plaas Sterkfontein waar die dorp uitgele en Nasareth genoem is. In 1872 is die naam verander, op aandrang van pres TF Burgers , na Middelburg omdat die dorp halfpad tussen Pretoria en Lydenburg le en Nasareth hom aan melaatsheid laat dink het.

Distrik [ wysig | wysig bron ]

Die munisipale gebied is 3 976 km 2 groot en steenkool word op groot skaal hier ontgin. Gedurende die 1970's is 'n spoorlyn gebou vanaf Broodsnyersplaas 35 km suid van Middelburg wat aansluit by die groot steenkoolspoorlyn na Richardsbaai . Sodoende kan steenkool en antrasiet uitgevoer word. Beesboerdery word beoefen terwyl mielies , wol en aartappels ook belangrike produkte is.

Galery [ wysig | wysig bron ]

Sien ook [ wysig | wysig bron ]

Bronne [ wysig | wysig bron ]

  • Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika . Jonathan Ball Uitgewers. ISBN   1-86842-026-4 .
  • Eric Rosenthal (1967) Ensiklopedie van Suidelike Afrika . Kaapstad.

Verwysings [ wysig | wysig bron ]