in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Twee soorte koringmeel (links) en rogmeel (regs)
Meel
is 'n
voedselpoeier
wat gemaak word deur die fynmaal van
graan
,
boontjies
, of ander
sade
of wortels (soos kassawa). Dit is die belangrikste bestanddeel van
brood
, wat 'n
stapelvoedsel
vorm vir baie volkere en kulture. Die deurlopende beskikbaarheid van voldoende voorrade van meel het 'n groot ekonomiese en politieke rol gespeel op verskillende tye in die geskiedenis. Koringmeel is een van die belangrikste voedselbestanddele in
Europa
,
Noord-Amerika
, die
Midde-Ooste
,
Indie
en
Noord-Afrika
, en is die bepalende bestanddeel in die meeste van hul style van brood en ander gebak.
Meel word gewoonlik in groot linnesakke gestoor
Alhoewel
koring
die mees algemene basis van meel is, is mieliemeel ook - sedert antieke tye - 'n baie belangrike deel van die Mesoamerikaanse kookkuns, en vorm dit 'n stapelvoedsel oor die hele
Suid-Amerika
. Rogmeel is 'n belangrike bestanddeel van brood in groot dele van Midde-Europa, en
rys
kan ook gebruik word in meel, al is dit relatief ongewoon.