한국   대만   중국   일본 
Mdantsane - Wikipedia Gaan na inhoud

Mdantsane

Koordinate : 32°57′S 27°44′O  /  32.950°S 27.733°O  / -32.950; 27.733
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Mdantsane
'n Uitsig oor Mdantsane
'n Uitsig oor Mdantsane
Mdantsane is in Oos-Kaap
Mdantsane
Mdantsane
 Mdantsane se ligging in Oos-Kaap
Koordinate: 32°57′S 27°44′O  /  32.950°S 27.733°O  / -32.950; 27.733
Land Vlag van Suid-Afrika  Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Munisipaliteit Buffalo City
Oppervlak
 ? Totaal 45,55 km 2 (17,59 vk. myl)
Bevolking
  (2011) [1]
 ? Totaal 156 835
 ? Digtheid 3 443/km 2 (8 920/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 ?  Wit mense 0.1%
 ?  Indiers/Asiers 0.1%
 ?  Bruin mense 0.2%
 ?  Swart mense 99.5%
 ?  Ander 0.2%
Taal (2011)
 ?  Xhosa 93.9%
 ?  Engels 3.0%
 ?  Ander 3.1%
Poskode (strate)
5219
Poskode (posbusse)
5219
Skakelkode 043
Webwerf http://www.buffalocity.gov.za

Mdantsane is 'n Suid-Afrikaanse dorp gelee tussen Oos-Londen en King William's Town in die Oos-Kaap provinsie. Dit is na bewering die tweede grootste township in Suid-Afrika naas Soweto en huisves die tweede grootste winkelsentrum in die Oos-Kaap (Mdantsane City, geopen in April 2008). Die oorspronklike inwoners was mense wat met geweld uit die Oosbank in Oos-Londen verwyder is om in die destydse Ciskei te gaan woon. Die Oosbank was 'n veelrassige woonbuurt in die vorige eeu. Mdantsane is tans gelee in Buffalo City Metro .

Gedenkteken vir die Egerton-slagting

Die dorp is in agttien sones verdeel wat steeds uitbrei, met die nuutste deel bekend as Sone P. Die sones word numeries benaam in chronologiese volgorde van hul stigting. Die sentrale mark in NU2 (Sone 2) distrik word "The Hi-way" genoem. Dit is vernoem na Qumza snelweg, wat die hoofweg is wat deur Mdantsane loop van die sentrum van Oos-Londen na die industriele gebied Fort Jackson . Hier verkoop verskeie informele handelaars hul ware op die strate en dit is ook die belangrikste taxi-staanplek. Daar is ook heelwat formele handel wat gehuisves word in die onlangs geboude winkelsentrums.

Mdantsane is ook bekend as 'n boksmekka, van die bokswereld se kampioene soos Happyboy Mgxaji, Welcome Ncita en Vuyani Bungu kom van Mdantsane af. 'n Polsende kultuur van musiek, kuns en poesie floreer in hierdie saamgevlegde stadslewe.

Heelwat politieke staatmakers en veterane kom ook van die dorp af, soos Thozamile Gqweta, Ntombazana Gertrude Botha, Mlamli Ondala en Bangumzi Sifingo.

Cecilia Makiwane Hospitaal is 'n 1724-bed multi-dissiplinere hospitaal in Mdantsane. Dit is vernoem na Cecilia Makiwane, die eerste swart geregistreerde verpleegkundige in Suid-Afrika. [2] Saam met Frere Hospitaal en die Oos-Londen Geestesgesondheidseenheid, vorm dit deel van die Oos-Londen-hospitaalkompleks, wat 'n bevolking van byna drie miljoen mense bedien. [3]

Sien ook [ wysig | wysig bron ]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Mdantsane" . Sensus 2011 .
  2. "argiefkopie" . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Junie 2010 . Besoek op 22 Februarie 2014 .
  3. "argiefkopie" . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2011 . Besoek op 22 Februarie 2014 .

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.