in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Matola
is 'n
stad
in die suide van
Mosambiek
, wes van die nasionale hoofstad
Maputo
, met 1 032 197 inwoners (volgens die sensus van 2017). Matola is die hoofstad van die Maputo-provinsie en beskik sedert
1998
oor sy eie verkose stadsregering.
Die stad is 'n nywerheidsentrum en dien as 'n belangrike uitvoerhawe vir minerale soos
chroom
en ystererts vanuit
Eswatini
en
Suid-Afrika
. Matola beskik ook oor raffinaderye (wat tans nie in bedryf is nie) en 'n verskeidenheid ander nywerhede, wat onder meer
seep
en sement vervaardig en landbouprodukte verwerk. Die belangrikste nywerheid is 'n aluminiumsmeltery, wat in
2002
opgerig is en Mosambiek se
bruto binnelandse produk
meer as verdubbel het.
Matola is ook die naam van 'n klein
rivier
met 'n lengte van sowat 60 kilometer, wat die noordelike grens van die Matola-munisipaliteit vorm en in
Maputobaai
uitmond.
Die naam van die stad, wat ook algemeen as 'n
van
voorkom, is afgelei van
Matsolo a Ronga
, 'n koninkryk van die Ronga-stam, wat tot en met die aankoms van die eerste Portugese setlaars in die gebied bestaan het.