in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Matoea
|
Eiland van die Koerile
|
![](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9a/Matua.jpg/240px-Matua.jpg)
![](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/3b/Kuriles_Matua.PNG/240px-Kuriles_Matua.PNG)
|
Ligging
|
See van Ochotsk
|
Plaaslike naam
|
Матуа
松輪島
|
Argipel
|
Koerile
|
Lengte
|
11 km
|
Breedte
|
6,5 km
|
Oppervlakte
|
52 km
2
|
Hoogste punt
|
Saritsjef-piek
|
Hoogte
|
1 496 m
|
Land
|
Rusland
|
Deelgebied
|
Sachalin-oblast
|
Bevolking
|
0
|
Matoea
(
Russies
: Ма?туа;
Japannees
: 松輪島,
Matsuwa-t?
) is 'n onbewoonde
vulkaniese
eiland van die
Koerile
-argipel in die
See van Ochotsk
, noordwestelike
Stille Oseaan
. Die naam kom van die taal Ainoe en beteken "Helmond".
Die eiland word van
Raikoke
geskei deur die Straat van Golownin van 16 km. Jagters en vissermanne het Matoea lank gelede reeds besoek, maar dit het geen permanente inwoners nie. In sommige vroee Europese dokumente word na die eiland verwys as "Raukoke".
[1]
'n Uitbarsting van die Saritsjef-piek.
Matoea is rofweg ovaal, met 'n lengte van 11 km en 'n breedte van 6,5 km. Dit het 'n oppervlakte van 52 km
2
.
[2]
Die eiland is 'n vulkaan met twee hoofpieke.
Saritsjef-piek (Russies: вулкан Сарычева) in die noordweste van die eiland is een van die aktiefste
vulkane
op die Koerile. Die sentrale keel is 250 m breed, het baie steil kante en 'n gekeepte rand. Dit is sowat 1 496 m hoog.
Lawa
wat van al die kante van die piek afstroom, vorm kape aan die kus. Uitbarstings is sedert die 1760's aangeteken, insluitende in 1878-1879, 1923, 1930, 1946, 1960, 1976, 1981, 1987, 1989 en 2009.
Die een in 1946 was die grootste en het 'n piroklastiese vloei (van vulkaangesteentes) tot gevolg gehad wat die see bereik het. Die uitbarsting van 2009 was groot genoeg om lugverkeer tussen
Noord-Amerika
en
Asie
te beinvloed.
Die veel kleiner piek suid van Saritsjef, Tengaizan, is 127 m hoog.