in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
mate
(of
yerba
) is 'n gewilde soort
tee
in
Argentinie
en ander
Suid-Amerikaanse
lande. Dit word van die gedroogde blare van die
huls
(Ilex) gemaak en dit kan met of sonder
suiker
of
heuning
gedrink word. Die Argentynse stad Apostoles is die sentrum van die mate-nywerheid.
Etimologie en geskiedenis
[
wysig
|
wysig bron
]
Die oerbewoners van
Latyns-Amerika
het lankal mate gedrink. Die woord mate is afgelei van
mati
, wat in die Ketsjoea-taal die kalbas beskryf waarin 'n pap van gestampte mateblare met water vermeng word. Vandag staan mate in
Brasilie
as
erva
bekend, in die Spaanstalige gebiede as
yerba
of
herba
(= kruid).
Teen die einde van die
16de eeu
beskryf die Spaanse veroweraar en stigter van
Buenos Aires
,
Pedro de Mendoza
, 'n verfrissende drank wat by die inheemse bevolking gewild is. Die Jesuiete, wat in die volgende eeu nedersettings in die gebied van die huidige
Paraguay
stig, verbou die mateplant stelselmatig en het tot by hulle verdrywing in die
18de eeu
'n monopolie op die matehandel in
Latyns-Amerika
.
Die Franse botanikus
Auguste de Sainte-Hilaire
klassifiseer die mateplant tydens sy reise in
Brasilie
, wat hy tussen
1816
en
1822
onderneem.