Mary Wollstonecraft
([?w?lst?n.kr?ːft]; *
27 April
1759
; †
10 September
1797
; huweliksnaam:
Mary Wollstonecraft Godwin
) was 'n
Engelse
skrywer, filosoof en kampvegter vir vroueregte. Gedurende haar kort loopbaan het sy romans, verhandelinge, 'n reisverhaal, 'n geskiedenis van die
Franse Rewolusie
, 'n gedragboek en 'n kinderboek geskryf. Sy staan veral bekend vir haar werk
A Vindication of the Rights of Woman
(1792) waarin sy argumenteer dat vroue nie natuurlikerwys ondergeskik is aan mans nie, en waar dit ook al so mag voorkom, is dit te wyte aan ontoereikende opvoeding. Wollstonecraft pleit daarvoor dat beide mans en vroue as vernuftige wesens behandel word en beeld 'n maatskaplike orde uit wat op gesonde verstand gegrond is.
Nog tot in die laat 20ste eeu het Wollstonecraft se privaat lewe, waaronder verskeie onkonvensionele persoonlike verhoudinge, meer aandag getrek as haar literere werk. Na twee ongelukkige liefdesverhoudings, met Henry Fuseli en Gilbert Imlay (met wie sy 'n dogter gehad het, Fanny Imlay), het Wollstonecraft met die filosoof William Godwin getrou, een van die vroee voordenkers van die
anargistebeweging
. Mary Wollstonecraft is in die ouderdom van 38 oorlede, net elf dae nadat sy die lewe aan haar tweede dogter geskenk het. Haar nalatenskap het verskeie onvoltooide manuskripte ingesluit. Haar tweede dogter het self 'n literere loopbaan gevolg en sou ? as
Mary Shelley
? bekendheid verwerf as die skrywer van
Frankenstein
.
Haar wewenaar het na haar afsterwe haar lewensverhaal as
Memoirs of the Author of A Vindication of the Rights of Woman
(1798, heruitgawe in 2001) gepubliseer, 'n werk waarin hy haar onortodokse leefstyl onthul en sodoende byna 'n eeu lank haar reputasie beskadig.
[1]
Eers met die opkoms van die vroueregtebeweging teen die begin van die 20ste eeu het Wollstonecraft se pleidooi vir geslagsgelykheid en haar kritiek op konvensionele vroulike geslagsrolle nuwe aandag getrek. Tans word Wollstonecraft erken as een van die grondleggers van
feministiese
filosofie. Feministe noem dikwels beide haar lewe en haar werk as belangrike invloede.