한국   대만   중국   일본 
Manchester-aanval van 2017 - Wikipedia Gaan na inhoud

Manchester-aanval van 2017

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Op 22 Mei 2017 ontplof 'n bom in die voorportaal van die 21 000-sitplek Manchester Arena in Manchester , Verenigde Koninkryk , nes Ariana Grande se konsert daar tot 'n einde kom. [1] Die ontploffing het plaasgevind om 22:33 BST ( UTC +01:00, d.i. 23:33 SAST ) en het 23 mense om die lewe gebring en 116 beseer. [2] [3] [1] Salman Ramadan Abedi was die 22-jarige man wat volgens berigte die aanval uitgevoer het deur gebruik te maak van 'n tuisgemaakte bom. [4]

Die Islamitiese Staat het die slagting as 'n "aanval op Kruisvaarders " beskryf en het gewaarsku dat swaarder aanvalle teen " aanbidders van die Kruis " beplan word. [5] Die aanval is die dodelikste terreurdaad in die Verenigde Koninkryk sedert Islamitiese terroriste bomme op Londense treine op 7 Julie 2005 laat afgaan het. [1]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. 1,0 1,1 1,2 "U.K. Police Name Suicide Bomber After 22 Killed at Pop Concert" (Nuusberig) . Bloomberg (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2019 . Besoek op 23 Mei 2017 .
  2. "At least 22 dead and 59 injured in suicide attack at Manchester Arena" (Nuusberig) . The Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2020 . Besoek op 23 Mei 2017 .
  3. "Manchester: Dodetal na ontploffing styg" (Nuusberig) . Netwerk24 . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2018 . Besoek op 23 Mei 2017 .
  4. "Manchester Arena bombing: thousands gather for vigil in city centre ? live news" (Nuusvoer) . The Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2020 . Besoek op 23 Mei 2017 .
  5. "ISIS Claims Deadly Ariana Grande Concert Bombing That Killed 22" (Nuusberig) (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2018 . Besoek op 23 Mei 2017 .