- Vir ’n artikel oor die sterreteken, sien
Maagd (sterreteken)
.
Die
Maagd
(
Latyn
:
Virgo
) is ’n
sterrebeeld
in die suidelike hemelruim en deel van die
diereriem
. Dit le tussen die
Leeu
in die weste en die
Weegskaal
in die ooste en is die tweede grootste van al die sterrebeelde, naas die aangrensende
Noordelike Waterslang
. Die konstellasie kan maklik gevind word deur middel van sy helderste ster, Spica (α Vir).
[1]
Sy simbool is
?
.
Die Maagd is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige
Ptolemaeus
beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.
Naas Spica is ander helder sterre in die sterrebeeld Beta Virginis (Zavijava), Gamma Virginis (Porrima), Delta Virginis (Auva) en Epsilon Virginis (Vindemiatrix).
Ander, dowwer sterre wat ook name het, sluit in Zeta Virginis (Heze), Eta Virginis (Zaniah), Iota Virginis (Syrma) en Mu Virginis (Rijl al Awwa).
Daar is altesaam 34 bekende
eksoplanete
om 28 sterre in die Maagd. Die ster 70 Virginis het een van die eerste bekende eksoplaneetstelsels, met een bevestigde planeet wat 7,5 keer so swaar soos
Jupiter
is.
Chi Virginis het een van die swaarste planete wat nog waargeneem is, met ’n massa van
11,1
M
J
. Die ster 61 Virginis, wat baie soos die
Son
is, het drie planete: een is ’n
super-aarde
en twee is omtrent so swaar soos
Neptunus
.
SS Virginis is ’n
veranderlike ster
met ’n opvallende rooi kleur. Dit wissel in
magnitude
van minimum 9,6 tot maksimum 6 oor ’n tydperk van sowat ’n jaar.
[2]
Ander sterre met planete sluit in PSR B1257+12 (drie planete) en NY Virginis (twee planete).
Die sterrebeeld bevat ’n
sterrestelselswerm
, die
Virgo-swerm
, met verskeie
Messier-voorwerpe
. Een van die sterrestelsels in die swerm is
Messier 87
, ’n beroemde radiobron danksy ’n stroom
elektrone
wat uit sy
supermassiewe swartkolk
voortkom. Dit is ook die grootste sterrestelsel in die Maagd.
Ander Messier-voorwerpe sluit in
Messier 49
(
ellipties
),
Messier 58
(
spiraal
),
Messier 59
(ellipties),
Messier 60
(ellipties),
Messier 61
(spiraal),
Messier 84
(
lensvormig
),
Messier 86
(lensvormig),
Messier 89
(ellipties) en
Messier 90
(spiraal).
NGC 4639
is ’n staafspiraalstelsel wat van voor af gesien word. Dit is sowat 78 miljoen
ligjare
van die
Aarde
af en het ’n
rooiverskuiwing
van 0,0034. Sy buitenste arms bevat ’n groot aan
Cepheiede
, wat gebruik word as standaard-aanwysers om afstande in die ruimte te bepaal. Deur verskeie Cepheiede in NGC 4639 te gebruik, het
sterrekundiges
tipe 1a-supernovas
gekalibreer as standaard-aanwysers om die afstande van meer verafgelee sterrestelsels te bepaal.
[3]
’n Stelsel wat nie deel van die swerm uitmaak nie, is die
Sombrero-sterrestelsel
(M104), ’n ongewone spiraalstelsel. Dit het ’n buitengewoon groot groep sterre in sy middel wat uit ouer sterre bestaan. Dit word omring deur groot, helder bolvormige
sterreswerms
en het ’n baie prominente
stofbaan
.
[3]
NGC 4438
is ’n sterrestelsel met ’n
aktiewe kern
. Sy supermassiewe swartkolk spu strome materiaal uit wat borrels vorm met ’n deursnee van tot 800 ligjare.
[3]
NGC 4261
het ook ’n swartkolk wat sowat 20 ligjare van sy kern af gelee is en ’n massa van sowat 1,2 miljard
sonmassas
het. Dit het ’n ongewone stowwerige skyf met ’n deursnee van 300 ligjare. Dit het ook sterk emissies in die
radiospektrum
.
[3]
Die Maagd bevat verskeie ander sterrestelselswerms. In een van hulle,
Abell 2029
, is die reusagtige elliptiese sterrestelsel
IC 1101
. Dit is sowat 1,07 gigaligjare van die Aarde af en met ’n deursnee van 5,5 miljoen ligjare, of 50 keer die grootte van die
Melkweg
, was dit toe dit ontdek is die grootste bekende sterrestelsel in die
heelal
.
Die Maagd bevat ook die eerste
kwasar
wat ontdek is, 3C 273. Dit is die helderste kwasar aan die hemelruim.
Die sterrebeeld word van die
Babiloniese
tye al met koring en vrugbaarheid verbind. Die Grieke en Romeine het dit verbind met hul godin van koring,
Demeter
(
Ceres
), wat die ma van
Persephone
(
Proserpina
) is. Dit is soms ook verbind met die godin van geregtigheid,
Astraia
, wat die skaal van geregtigheid vashou as die sterrebeeld
Weegskaal
.
[4]
In die
Middeleeue
is Virgo soms verbind met die
Maagd Maria
.
[5]
- ↑
The history of the star: Spica by Richard Hinckley Allen, 1889.
- ↑
Levy, David H. (2005),
Deep Sky Objects
, Prometheus Books,
ISBN
1-59102-361-0
- ↑
3,0
3,1
3,2
3,3
Wilkins, Jamie; Dunn, Robert (2006).
300 Astronomical Objects: A Visual Reference to the Universe
(1ste uitg.). Buffalo, New York: Firefly Books.
ISBN
978-1-55407-175-3
.
- ↑
Universe
, Martin Rees, redakteur. DK
- ↑
Time and Calendars
, William Matthew O'Neil