in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Luuk Gruwez
|
---|
![](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a0/Nacht_van_de_Po%C3%ABzie_2015_-_Luke_Gruwez-1.jpg/220px-Nacht_van_de_Po%C3%ABzie_2015_-_Luke_Gruwez-1.jpg) Luuk Gruwez tydens geleentheid van die Nacht van de Poezie
|
Gebore
| 9 Augustus
1953
|
---|
Beroep
| digter
|
---|
Luuk Gruwez
(
9 Augustus
1953
,
Kortrijk
) is 'n
Vlaamse
digter, prosais en essayis.
Wat sy hoerskool opvoeding betref woon hy Damiaancollege by, en studeer Germaanse filologie aan die
KU Leuven Campus Kulak Kortrijk, kortweg 'Kulak'
. Hy verwerf sy
licentiaat
[1]
in Germaanse tale aan die
K.U.Leuven
.
In 1976 verruil hy die Wes-Vlaamse Kortrijk vir Hasselt in Belgie. Daar verdien hy 'n bestaan as onderwyser tot sy loopbaan in 1995 onderbreek word na die verkryging van 'n skrywersbeurs.
Hy werk hierna as voltydse skrywer en skryf digbundels en prosabundels en ook rubrieke, aanvanklik op 'n weeklikse grondslag in De Standaard, en vanaf 2001 tot 2003 maandeliks in De Morgen.
Gruwez se werk word soms beskou as
Nieu-romanties
, 'n beweging wat in antwoord op die Nuwe Realisme van die 1960's verrys het en handel met kwessies soos die lewe, liefde, siekte, verganklikheid en dood. By Luuk Gruwez verskyn hierdie vorm van die romantiek altyd saam met 'n redelike porsie (self) ironie.
In sy latere poesie is dit opvallend dat die keuse van onderwerp wyer en die vorm meer verhalend word.
In 2009 ontvang hy die
Herman de Coninck
-prys vir sy gedig
Moeders
. As erkenning vir die prestasie ontvang hy ook op 11 Julie 2010 die kulturele trofee van die Deerlijk-munisipaliteit, waar hy sy kinderjare deurgebring het. Tuur Florizoone en Jessa Wildemeersch het die benoemde gedigte getoonset.
Sedert 2004 is Luuk Gruwez - net soos die geneesheer Yves Benoit en die voormalige fietsryer Dirk Baert - 'n ereburger van die gemeente Deerlijk
[2]
.
- Stofzuigergedichten
(1973), debuut
- Ach, wat zacht geliefkoos om een mild verdriet
(1977), poesie
- Een huis om dakloos in te zijn
(1981), poesie
- De feestelijke verliezer
(1985), poesie (bekroon met die
Dirk Martensprijs
)
- Dikke mensen
(1990), poesie (bekroon met die
Prijs van de Vlaamse poeziedagen
)
- Onder vier ogen
en
Siamees dagboek
, prosa (1992) saam met Eriek Verpale
- Het bal van opa Bing
(1994), prosa (
Geertjan Lubberhuizenprijs
1994)
- Vuile manieren
(1994), poesie (bekroon met die
Hugues C. Pernath
-prijs
1995)
- Bandeloze gedichten
(1996), bloemlesing uit sy poesie. In
Afrikaans
vertaal deur
H.P. van Coller
as
Bandelose gedigte
.
- Het land van de wangen
(1998), briewe
- Slechte gedachten
(1999), rubrieke
- Dieven en geliefden
(2000), poesie
- De maand van Marie. Vier vrouwenvertellingen
(2002), prosa
- Een stenen moeder
(2004), rubrieke
- Allemansgek
, insl. CD (2005), poesie
- Psilo
(2007), verhale
- Lagerwal
(2008), poesie
- Garderobe
(2010), bloemlesing uit sy poesie
- Cosas perdidas
(2010), poesie
- Krombeke Retour/ Deerlijk Retour
(2011), verhale.
- Wijvenheide
(2012), poesie
- De eindelozen
(2015), poesie
- Garderobe
(2015), 'n keuse uit sy poesie
- Ik wil de hemel en ik wil de straat. Poezie en trawanten
(2016), essays, briewe en verhale
- Bakermat
(2018), poesie
- Jan STUYCK,
Het ongemaak van het schrijven volgens Luuk Gruwez
, in: Zuurvrij, 2009.
- ↑
Afrikaans: lisensiaat. 'n
Licentiaat
is 'n graad wat toegeken word en wat net onder 'n PhD val. Dit word net deur universiteite in 'n beperkte aantal lande verleen. In byna al die lande wat deel vorm van die Europese Unie, is die tydsduur van 'n
licentiaat
3 tot 4 jaar, d.w.s. gelykstaande aan 'n
baccalaureusgraad
. Die term word ook gebruik vir 'n persoon wat hierdie graad behaal. Die term is afgelei van die
Latynse
licentia
, wat "vryheid" beteken (uit Latyn: "licere", "om toe te laat"), en wat voorkom in die frases "licentia docendi" wat toestemming om onderrig te gee beteken, en "licentia ad practicandum", wat iemand aandui wat oor 'n sertifikaat van bevoegdheid beskik om 'n spesifieke beroep te beoefen. Baie lande het grade met hierdie titel, maar dit kan verskillende opvoedkundige vlakke verteenwoordig.
- ↑
Ereburgers van Deerlijk