in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ludovico Sforza
, die Hertog van
Milaan
, (
27 Julie
1452
–
27 Mei
1508
) en lid van die Sforza-dinastie van Milaan, was die tweede seun van Francesco I Sforza. Hy was bekend as 'n begunstiger van
Leonardo da Vinci
en ander kunstenaars. Volgens oorlewering is daar na hom as Ludovico il Moro ("Lodewyk die Moor") verwys, as gevolg van sy donkerder vel en pikswart hare.