한국   대만   중국   일본 
Lou Andreas-Salome - Wikipedia Gaan na inhoud

Lou Andreas-Salome

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Lou Andreas-Salome
Gebore 12 Februarie 1861
Sterf 5 Februarie 1937
Nasionaliteit Vlag van Republiek van Weimar  Republiek van Weimar
Beroep Skrywer

Lou Andreas-Salome (12 Februarie 1861, Sint Petersburg , Rusland - 5 Februarie 1937, Gottingen , Duitsland) was 'n Russies-Duitse skrywer wat onthou word om haar vriendskappe met belangrike mans van haar era.

Salome was die dogter van 'n Russiese leeroffisier wat van die Franse Hugenote afgestam het. Sy het in die teologie gestudeer aan die Universiteit van Zurich. In 1882 het die Duitse filosoof Friedrich Nietzsche op haar verlief geraak, maar sy het Nietzsche se huweliksaanbod van die hand gewys.

In 1887 het sy met Friedrich C. Andreas, 'n professor aan die Universiteit van Gottingen, getrou. In 1897 het sy die digter Rainer Maria Rilke ontmoet wat veertien jaar jonger as sy was en ook op haar verlief geraak het. Sy sou een van die vormende invloede op Rilke se lewe word. In 1911 is sy verbind met die Weense sirkel van psigoanaliste , en sy was ook 'n vriendin en dissipel van Sigmund Freud .

Benewens romans sluit haar werke Friedrich Nietzsche in seinen Werken (1894; “Friedrich Nietzsche in Sy Werke”), Rainer Maria Rilke (1928) en Mein Dank an Freud (1931; “My Dank aan Freud”) in. Haar korrespondensie met Rilke is in 1952 gepubliseer. [1]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. "Andreas-Salome, Lou." Encyclopædia Britannica. Encyclopædia Britannica Ultimate Reference Suite. Chicago: Encyclopædia Britannica, 2012.