in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Lockheed P-80 Shooting Star
|
|
P-80A 44-85004
|
Tipe
|
Vegvliegtuig
|
Vervaardiger
|
Lockheed, Verenigde State
|
Ontwerp deur
|
Clarence "Kelly" Johnson
|
Nooiensvlug
|
8 Januarie 1944
|
Bekendstelling
|
1945
|
Status
|
Onttrek
|
Hoofgebruiker
|
Amerikaanse Lugmag
Amerikaanse Vloot
|
Aantal gebou
|
1 715
|
Eenheidskoste
|
VS$110 000 in 1945
|
Weergawes
|
Lockheed T-33 Shooting Star
Lockheed F-94 Starfire
|
Die
Lockheed P-80 Shooting Star
was die eerste
vegvliegtuig
wat operasioneel gebruik is deur die
United States Army Air Forces
(USAAF). Dit is deur
Lockheed
ontwerp en gebou in 1943, en met die eerstes afgelewer slegs 143 dae na die begin van die ontwerpproses, kon produksiemodelle vlieg, maar was nie gereed vir gevegsdiens aan die einde van die
Tweede Wereldoorlog
nie. Die tipe was ontwerp met reguit vlerke, en het aan groot konflikte in
Suid-Korea
deelgeneem as die
Amerikaanse Lugmag
se F-80.
As Amerika se eerste suksesvolle turbostraler-aangedrewe vegvliegtuig, het dit die
straler
-era in die USAAF ingelei, maar is oorheers deur die verskyning van die geveegde vlerk transsoniese
MiG-15
en is gou vervang in die lugoormagsrol deur die transsoniese
North American F-86 Sabre
. Die F-94 Starfire, 'n alleweer onderskepper op dieselfde lugraam, het ook in die
Korea-oorlog
diens gedoen. Die nouverwante T-33 Shooting Star opleier het in diens van die Amerikaanse Lugmag en Vloot gebly tot in die 1980's. Baie dien steeds in 'n militere rol of is in privaatbesit.