한국   대만   중국   일본 
Lipied - Wikipedia Gaan na inhoud

Lipied

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

'n Lipied is 'n tipe molekule wat nuttig is in biologie . Vette bestaan ook uit lipiedmolekules. Lipiede is olierig of vetterig en bronne kan gevind word in alge , sade , vleis , kaas , botter en vis . Lipiede is lang kettings van koolstof - en waterstofmolekules en word as eenvoudig of kompleks geklassifiseer. Voorbeelde van komplekse molekules is steroiede en fosfolipiede.

Noodsaaklikheid [ wysig | wysig bron ]

Lipiede is belangrike verskaffers van essensiele vetsure, wat onontbeerlik is vir die liggaam om nuwe selle te vorm. Dit is verder nodig aangesien Vitamien A , D , E en K vetoplosbaar is en hul absorpsie in die liggaam slegs kan plaasvind waar genoegsame lipied teenwoordig is.

'n Belangrike biologiese funksie van lipiede is die vorming van lipied-dubbellae, die basis van die meeste selmembrane . Nog 'n funksie van lipiede is om as 'n energiereserwe in die liggaam te dien.

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]