Lingua franca
, letterlik
"Frankiese taal"
in
Italiaans
, was oorspronklik 'n gemengde
taal
of
kombuistaal
, bestaande uit onverboe Italiaans plus 'n woordeskat geneem vanuit Italiaans,
Turks
,
Persies
en
Arabies
, en gebruik vir kommunikasie dwarsdeur die
Midde-Ooste
. Die term word nou gebruik vir enige gemengde kombuistaal wat deur sprekers van verskillende tale gebruik word om met mekaar te kommunikeer.
Die term
lingua franca
verwys in die algemeen na 'n taal aangeleer, buiten die inheemse sprekers, vir internasionale handel of ander uitgebreide interkulturele interaksies.
Dit het hierdie algemene sin verkry vanuit die
spesifieke taal
hieronder beskryf.
In die
Westerse wereld
het
Koine-Grieks
,
Latyn
en
Frans
almal gedien as
lingua francas
op verskillende tye. Frans was al in die
17de eeu
die diplomatieke taal in Europa, en is juis daarom steeds die werkstaal van baie internasionale instellings en word op dokumente gesien vanaf
paspoorte
tot
lugpos-etikette
.
Duits
het gedien as
lingua franca
in dele van Europa tussen die
19de
en
20ste eeu
, veral in besigheid.
Engels
is die huidige
lingua franca
van Westerse internasionale besigheid, en is besig om Frans te vervang in diplomatiek.
In ander wereldstreke het ander tale die funksie van
lingua franca
vervul:
Swahili
in Oos-
Afrika
,
Russies
in areas voorheen verbind met die
Sowjetunie
,
Hindi
(saam met Engels) in
Indie
,
Maleis
in
Suidoos-Asie
,
Bislama
in die
Pasifiese Eilande
, en verskeie ander
Pidgin-Engelse
tale in ander plekke en tye.
Portugees
was die
lingua franca
in Afrika en Asie in die
15de
en
16de eeue
.
Mandarynse
Chinees het ook 'n funksie gesien deur 'n gemene gesproke taal te verskaf tussen sprekers van verskillende en onderling onverstaanbare
Chinese dialekte
.
Kunsmatige tale
soos
Esperanto
,
Ido
,
Mondlango
en
interlingua
word deur sommiges voorgestel as 'n wereldwye
lingua franca
. Hulle ondersteuners argumenteer dat 'n
lingua franca
so eenvoudig as moontlik moet wees, maar steeds hoogs bektekenisvol moet wees. Hulle hou vol dat Engels en ander natuurlike tale, deurdat dit etnies afgelei is, nie geskik is vir 'n gemene taal nie, omdat natuurlike tale haakplekke en eienaardighede bevat wat hulle moeilik maak om aan te leer, dit 'n natuurlike voorsprong aan die inheemse sprekers gee, en geassosieer word met politieke, ekonomiese en kulturele oorheersing deur die taal se nasie van oorsprong.