in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Les faux-monnayeurs
|
Oorspronklike titel
| Les faux-monnayeurs
|
Skrywer
| Andre Gide
|
Land
|
Frankryk
|
Taal
| Frans
|
Genre
| Modernisme
|
Uitgewer
| Nouvelle Revue Francaise
|
Uitgegee
| 1925
|
Medium
| Boek
|
|
Les faux-monnayeurs
(
Die vervalsers
) is 'n
1925
gepubliseerde
roman
deur die
Franse
skrywer
Andre Gide
, wat eerste in
Nouvelle Revue Francaise
gepubliseer is. Met baie karakters en kruissnydende storielyne is die hooftema die van die oorspronklike en die kopie, en wat hulle onderskei - beide in die eksterne intrige van die vervalste goue muntstukke en in die uitbeelding van die karakters se gevoelens en hul verhoudings.
Les faux-monnayeurs is 'n roman-binne-'n-roman, met Edouard (die alter ego van Gide) wat van voorneme is om 'n
boek
met dieselfde titel te skryf. Daar word ook ander stilistiese instrumente gebruik, soos 'n alwetende verteller wat soms die leser direk aanspreek, die motiverings van die karakters weeg of alternatiewe realiteite bespreek. Daarom is die boek gesien as 'n voorloper van die nouveau roman. Die struktuur van die roman is geskryf om '
Kubisme
' te weerspieel, omdat dit tussen verskillende storielyne verweef is en verskeie standpunte uitbeeld.
Die roman bevat 'n aansienlike aantal biseksuele of
homoseksuele
manlike karakters - die adolessente Olivier en ten minste in 'n sekere mate sy vriend Bernard, in alle waarskynlikheid hul skoolgenote Gontran en Philippe, en uiteindelik die volwasse skrywers Comte de Passavant (wat 'n kwaai en bose en korrupte mag verteenwoordig) en die welwillende Edouard. 'n Belangrike deel van die intrige is die uitbeelding van verskillende moontlikhede van positiewe en negatiewe homoerotiese of homoseksuele verhoudings.
Die boek het aanvanklik 'n koue ontvangs gehad, miskien as gevolg van sy homoseksuele temas en die ongewone samestelling daarvan. Sederdien het die boek se reputasie gegroei, en word deesdae onder die Westelike Kanon van
letterkunde
gereken.
Die skepping van die roman, met briewe, koerantuitknipsels en ander ondersteunende materiaal, is deur Gide in sy
Journal of The Counterfeiters
in 1927 gedokumenteer.
Die roman is as 30ste op die
Le Monde
se
100 boeke van die eeu
-lys gelys.