in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Leopold I
(
9 Junie
1640
?
5 Mei
1705
) was 'n keiser van die
Heilige Romeinse Ryk
. Hy is gebore in
Wene
,
Oostenryk
en was die tweede seun van
Ferdinand III, Heilige Romeinse Keiser
. Na die afsterwe van sy broer, Ferdinand IV, in 1654 word hy die opvolger op sy vader se troon. Hy word in 1655 koning van
Hongarye
en regeer tot 1687. Hy word ook koning van
Boheme
in 1657 en volg sy vader op as keiser in 1658. Gedurende die grootste gedeelte van sy tyd as keiser was sy ryk in oorlog gewikkel. Hy was nie opgewasse vir sy rol as administrateur of militaris nie en het die take oorgelaat aan sy ministers en generaals. In 1662 breek 'n oorlog uit met die Turke.