in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Laozi
|
!['n Klipbeeld van Laozi.](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/af/Laozi_002.jpg/240px-Laozi_002.jpg)
'n Klipbeeld van Laozi.
|
Chinese naam
|
老子
|
Betekenis
|
"Ou meester"
|
Geboortedatum
|
6de tot 5de eeu v.C.
|
Sterftedatum
|
531 v.C.
|
Beroep
|
Filosoof
,
skrywer
|
Tradisie
|
Taoisme
|
Idees
|
Wu wei
|
Laozi
of
Lao-Tzu
(
Chinees
: 老子, letterlik "ou meester") was ’n antieke Chinese
filosoof
en
skrywer
. Hy is bekend as die vermeende skrywer van die
Daodejing
,
[1]
die stigter van filosofiese
Taoisme
en ’n Chinese
godheid
in godsdienstige Taoisme en tradisionele Chinese godsdienste.
Hoewel hy ’n legendariese figuur is, word gemeen hy het omstreeks die
6de eeu v.C.
geleef en was dus ’n tydgenoot van
Confucius
, hoewel sommige historici meen hy het in die
5de
of
4de eeu v.C.
geleef.
[2]
Hy is ’n sentrale figuur in die Chinese kultuur, en keisers van die
Tang-dinastie
sowel as moderne mense met die van Li beskou hom as hul stamvader.
As ’n godsdiensfiguur word hy vereer onder die naam "Opperste Ou Heer" (太上老君, Daode Tianzun)
[3]
en as een van die
Drie Reines
. Tydens die Tang-dinastie het hy die titel "Opperste Geheimsinnige en Oerkeiser" gekry.
[4]