|
Algemeen
|
Naam
,
simbool
,
getal
|
lantaan, La, 57
|
Chemiese reeks
|
Lantaniede
|
Groep
,
periode
,
blok
|
3
,
6
,
f
|
Voorkoms
|
|
Atoommassa
|
138.90547
(7)
g/mol
|
Elektronkonfigurasie
|
[
Xe
] 5d
1
6s
2
|
Elektrone
per
skil
|
2, 8, 18, 18, 9, 2
|
Fisiese eienskappe
|
Toestand
|
vastestof
|
Digtheid
(naby
k.t.
)
|
6.162 g/cm³
|
Vloeistof
digtheid
teen
s.p.
|
5.94 g/cm³
|
Smeltpunt
|
1193
K
(920 °
C
)
|
Kookpunt
|
3737
K
(3464 °
C
)
|
Smeltingswarmte
|
6.20
kJ/mol
|
Verdampingswarmte
|
402.1
kJ/mol
|
Warmtekapasiteit
|
(25 °C) 27.11 J/(mol·K)
|
Dampdruk
(extrapolated)
P
/Pa
|
1
|
10
|
100
|
1 k
|
10 k
|
100 k
|
teen
T
/K
|
2005
|
2208
|
2458
|
2772
|
3178
|
3726
|
|
Atoomeienskappe
|
Kristalstruktuur
|
heksagonaal
|
Strukturbericht-kode
|
A3'
|
Oksidasietoestande
|
3
(sterk
basiese
oksied)
|
Elektronegatiwiteit
|
1.10 (
Skaal van Pauling
)
|
Ionisasie-energiee
|
1ste: 538.1
kJ/mol
|
2de: 1067 kJ/mol
|
3de: 1850.3 kJ/mol
|
Atoomradius
|
195
pm
|
Kovalente radius
|
169
pm
|
Diverse
|
Magnetiese rangskikking
|
?
|
Elektriese weerstand
|
(
k.t.
) (α, poly) 615 nΩ·m
|
Termiese geleidingsvermoe
|
(300 K) 13.4
W/(m·K)
|
Termiese uitstetting
|
(
k.t.
) (α, poly)
12.1 µm/(m·K)
|
Spoed van klank
(dun staaf)
|
(20 °C) 2475
m/s
|
Young se modulus
|
(α form) 36.6 GPa
|
Skuifmodulus
|
(α form) 14.3 GPa
|
Massamodulus
|
(α form) 27.9 GPa
|
Poissonverhouding
|
(α form) 0.280
|
Mohs se hardheid
|
2.5
|
Vickers hardheid
|
491 MPa
|
Brinell hardheid
|
363 MPa
|
CAS-registernommer
|
7439-91-0
|
Vernaamste isotope
|
|
Portaal
Chemie
|
Lantaan
is 'n
chemiese element
in die
periodieke tabel
met die simbool
La
en
atoomgetal
57.
Lantaan.
Lantaan is 'n silwerig-wit metallieke element wat aan groep 3 van die periodieke tabel behoort en word dikwels as deel van die
lantaniede
gesien, hoewel dit geen f-elektrone besit. Dit word in sommige seldsame aardminerale aangetref, gewoonlik saam met
serium
en ander
seldsame aardelemente
. Lantaan is smeebaar, rekbaar en sag genoeg dat dit met 'n mes gesny kan word. Dit is een van die mees reaktiewe van die seldsame aardmetale. Die metaal reageer direk met die elemente
koolstof
,
stikstof
,
boor
,
seleen
,
silikon
,
fosfor
,
swael
, en
halogene
. Dit oksideer vinnig as dit aan lug blootgestel word. Koue water val lantaan stadig aan, terwyl warm water dit baie vinniger aanval.
Gebruike van lantaan:
Lantaan is in
1839
deur die
Sweedse
chemikus
Carl Gustav Mosander
ontdek toe hy 'n monster van seriumnitraat gedeeltelik onbind het deur dit te verhit en die resulterende met verdunde
salpetersuur
behandel het. Uit die oplossing wat verkry is het hy 'n nuwe seldsame aardmetaal geisoleer wat hy
lantana
genoem het. Lantaan is in
1923
na 'n betreklik suiwer vorm verwerk.
Die woord
lantaan
kom van die
Grieks
λανθανω
[lanthan?], d.i. "om verberg te wees"..
Alhoewel lantaan behoort aan die chemiese elementgroepering wat as
seldsame aardmetale
bekend staan, is dit geensins seldsaam nie. Lantaan word in betreklik groot hoeveelhede aangetref (32 ppm in die aardkors).
Monaziet
(Ce, La, Th, Nd, Y)PO
4
, en
bastnasite
(Ce, La, Y)CO
3
F, is die belangrikste erste waarin lantaan voorkom in persentasies van 25 tot 38 persent.
Natuurlik voorkomende lantaan bestaan uit een stabiele (
139
La) en een
radioaktiewe
(
138
La)
isotoop
, met die stabiele isotoop,
139
La, wat die volopste is (99.91%
natuurlike voorkoms
). 38
radioisotope
is gekarakteriseer waarvan die stabielste
138
La met 'n
halfleeftyd
van 105×10
9
jaar , en
137
La met 'n halfleeftyd van 60 000 jaar is. Al die ander radioaktiewe isotope het halfleeftye van minder as 24 uur en die meeste het halfleeftye van minder as 1 minuut. Die element het ook 3
meta state
.
Die isotope van lantaan wissel in
atoommassa
van 117
u
(
117
La) tot 155 u (
155
La).
![](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/4a/Commons-logo.svg/30px-Commons-logo.svg.png) |
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Lanthanum
.
|
![](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/99/Wiktionary-logo-en-v2.svg/40px-Wiktionary-logo-en-v2.svg.png) |
Sien
lantaan
in Wiktionary, die vrye woordeboek.
|