Lana J. Marks
(gebore
18 November
1953
) is 'n VSA-gebaseerde
mode-ontwerper
wat die gelyknamige modemerk Lana Marks gestig het. Sy is die voormalige Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika. Sy het op 28 Januarie 2020 haar diplomatieke geloofsbriewe aan die Suid-Afrikaanse regering voorgele.
Vroee lewe en opvoeding
[
wysig
|
wysig bron
]
Lana Bank is in
Oos-Londen, Suid-Afrika
gebore. Haar pa, Alec Bank, het as kind uit Litaue geemigreer. Hy was 'n welgestelde eiendomsontwikkelaar en 'n leier in die Joodse gemeenskap. Sy was 'n leerder aan Clarendon High School for Girls in Oos-Londen en praat vlot
Xhosa
en
Afrikaans
.
[1]
Marks is 'n ywerige tennisspeler wat al vir Bermuda gespeel het, en in 1985 'n bronsmedalje vir die Verenigde State op die
Makkabiese Spele
gewen het, in die Suid-Afrikaanse Ope gespeel het, en ook die kwalifiserende ronde van die
Franse Ope
gehaal het.
[1]
[2]
Marks was die uitvoerende hoof en ontwerper van Lana Marks, 'n handelsmerk vir mode-bykomstighede wat spesialiseer in eksotiese klere en bekend is vir die vervaardiging van die wereld se duurste handsakke.
[3]
[4]
[5]
Toe
Helen Mirren
in 2007 'n
Oscar-toekenning
verower, dra sy een van Marks se handsakke na die verhoog om haar toekenning te ontvang. Marks se dogter bestuur tans die handelsmerk.
[6]
Marks het in die Women's Leadership Board by die John F. Kennedy School of Government gedien. Sy is ook gekies om aan die "Women and Power: Leadership in the New World" -byeenkoms deel te neem.
[7]
Marks het aan die Georgetown Universiteit se lesingsreeks deelgeneem waar sy
MBA
studente toegespreek het.
Die Lana Marks-onderneming het winkels in
Palm Beach
,
New York
,
Beverly Hills
en
Doebai
.
Ambassadeur in Suid-Afrika
[
wysig
|
wysig bron
]
Haar aanstelling in die pos is van 'n bron in die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, Suid-Afrika se departement van buitelandse sake, uitgelek.
[8]
Op 14 November 2018 benoem president
Donald Trump
haar as die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika. Sy is op 26 September 2019 eenparig deur die Senaat bevestig. Sy is op 4 Oktober 2019 in die ampseed ingehuldig en het op 9 November 2019 haar pos opgeneem. Marks het op 28 Januarie 2020 haar diplomatieke geloofsbriewe aan president
Cyril Ramaphosa
voorgele.
[9]
Sy het op 20 Januarie 2021 uit die pos bedank omdat
Joe Biden
as die nuwe Amerikaanse president ingehuldig is.
[10]
Marks is sedert 1976 met dr Neville Marks, 'n praktiserende psigiater verbonde aan die JFK Mediese Sentrum, getroud.
[11]
Marks en haar man het in
Bermuda
gewoon voordat hulle in 1987 na Florida verhuis het. Die egpaar het twee kinders.
[12]
- ↑
1,0
1,1
Gaouette, Nicole; Landers, Elizabeth (4 November 2018).
"Trump picks handbag designer, Mar-a-Lago member to be envoy to South Africa"
.
CNN
(in Engels)
. Besoek op
16 November
2018
.
- ↑
Sommer, Allison Kaplan (22 November 2018).
"The Long, Strange Journey of Lana Marks, Trump's Pick for South African Ambassador"
– via Haaretz.
- ↑
Puri, Madhu (3 Desember 2006).
"Now Gifting - Bespoke Bags"
. Besoek op
4 April
2018
– via NYTimes.com.
- ↑
Prabhakar, Hitha.
"World's Most Extravagant Handbags"
.
forbes.com
. Besoek op
4 April
2018
.
- ↑
Burt, Sharelle (15 November 2018).
"Trump Nominates Handbag Designer As Ambassador To South Africa"
.
Travel Noire
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 16 November 2018
. Besoek op
16 November
2018
.
- ↑
Donnelly, Shannon.
"Call her 'Madame Ambassador'
"
.
Palm Beach Daily News
.
- ↑
"Ambassador Lana Marks"
.
U.S. Embassy & Consulates in South Africa
(in Engels (VSA)). Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 28 Mei 2020
. Besoek op
30 Mei
2020
.
- ↑
Washington, Jason Burke Sabrina Siddiqui in (2 Oktober 2018).
"Trump reportedly picks handbag designer as ambassador to South Africa"
– via www.theguardian.com.
- ↑
[1]
, Lana Marks Returns to South Africa as US Ambassador.
- ↑
(
en
)
US envoy to SA: Amid change, an enduring partnership will remain
.
- ↑
"Dr. Neville MarksMD"
.
- ↑
Durkin, Tish (3 Februarie 2019).
"Talking With Lana Marks, Who's Ready to Ditch Palm Beach for Pretoria"
.
Intelligencer
.