- Vir ’n algemene beskrywing van ystydperke, sien
Ystydperk
.
Die
laaste glasiale tyd
of
laaste ystyd
was die mees onlangse
glasiale periode
in die
huidige ystydperk
wat voorgekom het in die laaste jare van die
Pleistoseen
, van sowat 110 000 tot 12 000 jaar gelede.
[2]
Dit staan in die volksmond bekend as "
die Ystydperk
", maar
wetenskaplikes
beskou dit as slegs die laaste glasiale (of koue) periode in ’n veel langer ystydperk wat meer as 2 miljoen jaar gelede begin het en waarin verskeie glasiale tye reeds voorgekom het. Die word afgewissel deur warmer tydperke bekend as
interglasiale tye
, soos die een waarin die
aarde
hom nou bevind.
Gedurende die laaste glasiale tyd was daar verskeie veranderings in die toe- en afname van ys op
aarde
. Die koudste deel was sowat 22 000 jaar gelede. Plaaslike verskille in die toe- en afname van ys maak dit moeilik om besonderhede van een
kontinent
met die van ’n ander te vergelyk (sien die grafiek van yskerndata hier onder).
Uit die oogpunt van menslike
argeologie
val die laaste glasiale tyd in die
Paleolitikum-
en die
Mesolitikum
-tydperk. Toe dit begin het, was
Homo sapiens
beperk tot
Afrika
en het hulle gereedskap gebruik wat ooreengestem het met die van die
Neanderdallers
in
Europa
en die
Levant
en van
Homo erectus
in
Asie
. Aan die einde daarvan het
Homo sapiens
na Europa, Asie en
Australie
versprei. Die afname van ysplate het groepe Asiate in staat gestel om na die
Amerikas
te migreer en dit te bevolk.
Mense verwys soms na die laaste glasiale tyd as die "laaste ystydperk", maar dit is verkeerd omdat ’n
ystydperk
’n langer tyd van koue
temperatuur
is waarin ysplate ’n groot deel van die aarde bedek, soos op
Antarktika
. Glasiale tye, daarenteen, verwys na kouer periodes in ’n ystydperk wat deur
interglasiale tye
geskei word. Die einde van die laaste glasiale tyd is dus nie die einde van die laaste ystydperk nie. Die einde van die laaste glasiale tyd was sowat 10500 v.C., terwyl die einde van die laaste ystydperk nog nie aangebreek het nie; daar is min bewyse dat die afgelope miljoen jaar se siklusse van glasiale en interglasiale tye gaan eindig.
Die laaste glasiale tyd is die bekendste deel van die huidige ystydperk (buiten die huidige interglasiale tyd), en is breedvoerig bestudeer in
Noord-Amerika
, Noord-
Eurasie
, die
Himalaja
en ander voorheen toegeyste dele van die aarde. Die ysvorming tydens die laaste glasiale tyd het baie gebiede betrek, hoofsaaklik in die
Noordelike Halfrond
en in ’n mindere mate in die
Suidelike Halfrond
. Dit het verskillende name na gelang van die streek: van Fraser in
Noord-Amerika
en Pinedale in die
Rotsgebergte
tot Wisconsinan in die sentrale deel van Noord-Amerika, Devensian in
Brittanje
, Wurm in die
Alpe
, Merida in
Venezuela
, Weichsel in Noord-Europa en Zirjanka in
Siberie
.
Die laaste glasiale tyd was gesentreer om die groot ysplate van Noord-Amerika en Eurasie. Groot dele van die Alpe, Himalaja en die Andes was met ys bedek, en Antarktika het toe onder ys gebly.
Kanada en die noordelike dele van die VSA was byna geheel en al met ys bedek. Alaska was in ’n groot mate ysvry vanwee die droe klimaat. Daar was ys in die Rotsgebergte en Noord-
Kalifornie
.
[3]
’n Ysplaat het noordelike dele van
Brittanje
,
Duitsland
,
Pole
en
Rusland
bedek tot so ver oos as die
Taimir-skiereiland
in Wes-
Siberie
.
[4]
Die grootste omvang van Siberiese ysvorming is bereik omstreeks 16000 tot 15000 v.C., dus later as in Europa (20000?16000 v.C.).
[5]
Buiten die grootste ysplate, het ’n mindere mate van ysvorming in die
Kaukasus
,
Turkye
en
Iran
voorgekom.
[6]
Ander dele van die Noordelike Halfrond het nie groot ysplate gehad nie, maar wel gletsers in hoe streke. Dele van
Taiwan
is byvoorbeeld tussen 42250 en 8680 v.C. herhaaldelik met ys bedek.
[7]
Afrika
was in ’n mindere mate met ys bedek ? net hoe dele van
Marokko
,
Algerie
en
Ethiopie
.
In die Suidelike Halfrond was daar ’n ysplaat van verskeie honderde vierkante kilometer op die Oos-Afrika-berge, waar steeds oorblyfsels van gletsers te sien is.
[8]
Antarktika was geheel en al met ys bedek, baie soos vandag, maar daar was geen onbedekte gebiede nie.
In Australie was net ’n klein gebied toegeys, terwyl ysvorming in
Tasmanie
meer wydverspreid was.
[9]
’n Ysplaat het in
Nieu-Seeland
gevorm en die hele suidelike Alpe bedek.
[10]
Ook in
Papua
,
Indonesie
, is in drie gebiede steeds oorblyfsels van die Pleistoseen-gletsers te sien.
[11]
- ↑
Crowley, Thomas J. (1995).
"Ice age terrestrial carbon changes revisited"
.
Global Biogeochemical Cycles
.
9
(3): 377?389.
doi
:
10.1029/95GB01107
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 1 November 2012
. Besoek op
30 Mei
2015
.
- ↑
Clayton, Lee; Attig, John W.; Mickelson, David M.; Johnson, Mark D.; Syverson, Kent M.
"Glaciation of Wisconsin"
(PDF)
. Dept. Geology, University of Wisconsin.
{{
cite web
}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (
link
)
- ↑
Extent, timing, and climatic significance of latest Pleistocene and Holocene glaciation in the Sierra Nevada, California
. Clark, D.H., Washington-universiteit, Seattle
- ↑
Moller, P. (2006).
"Severnaya Zemlya, Arctic Russia: a nucleation area for Kara Sea ice sheets during the Middle to Late Quaternary"
(PDF)
.
Quaternary Science Reviews
.
25
(21?22): 2894?2936.
doi
:
10.1016/j.quascirev.2006.02.016
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF 11.5 Mb)
op 3 Oktober 2018
. Besoek op
30 Mei
2015
.
- ↑
"Matti Saarnisto:
Climate variability during the last interglacial-glacial cycle in NW Eurasia.
Abstracts of PAGES ? PEPIII: Past Climate Variability Through Europe and Africa, 2001"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 6 April 2008
. Besoek op
30 Mei
2015
.
- ↑
Williams, Jr., Richard S.; Ferrigno, Jane G. (1991).
"Glaciers of the Middle East and Africa ? Glaciers of Turkey"
(PDF 2.5 Mb)
.
U.S.Geological Survey Professional Paper 1386-G-1
.
{{
cite web
}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (
link
)
Ferrigno, Jane G. (1991).
"Glaciers of the Middle East and Africa ? Glaciers of Iran"
(PDF 1.25 Mb)
.
U.S.Geological Survey Professional Paper 1386-G-2
.
- ↑
Zhijiu Cui (2002). "The Quaternary glaciation of Shesan Mountain in Taiwan and glacial classification in monsoon areas".
Quaternary International
. 97?98: 147?153.
doi
:
10.1016/S1040-6182(02)00060-5
.
- ↑
Young, James A.T.; Hastenrath, Stefan (1991).
"Glaciers of the Middle East and Africa ? Glaciers of Africa"
(PDF 1.25 Mb)
.
U.S. Geological Survey Professional Paper 1386-G-3
.
{{
cite web
}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (
link
)
- ↑
Ollier, C.D.
"Australian Landforms and their History"
.
National Mapping Fab
. Geoscience Australia. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 8 Augustus 2008
. Besoek op
30 Mei
2015
.
- ↑
Burrows, C. J.; Moar, N. T. (1996).
"A mid Otira Glaciation palaeosol and flora from the Castle Hill Basin, Canterbury, New Zealand"
(PDF)
.
New Zealand Journal of Botany
.
34
(4): 539?545.
doi
:
10.1080/0028825X.1996.10410134
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF 340 Kb)
op 27 Februarie 2008
. Besoek op
30 Mei
2015
.
- ↑
Allison, Ian; Peterson, James A. (1988).
Glaciers of Irian Jaya, Indonesia: Observation and Mapping of the Glaciers Shown on Landsat Images
.
ISBN
0-607-71457-3
. U.S. Geological Survey professional paper 1386. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 1 Augustus 2008
. Besoek op
30 Mei
2015
.
{{
cite book
}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (
link
)