한국   대만   중국   일본 
Lubeck - Wikipedia Gaan na inhoud

Lubeck

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Lubeck

Kaart Wapen
Vlag
  Land Duitsland
  Deelstaat Sleeswyk-Holstein
  Koordinate 53°52′N 10°41′O  /  53.867°N 10.683°O  / 53.867; 10.683
  Stigting 9de eeu / 1143
  Stadstatus 1160 (Stadsreg van Soest)
  Oppervlakte:  
 - Totaal 214,1 vk km
  Hoogte bo seevlak 13 m
  Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2011) 210 577 [1]
 - Bevolkingsdigtheid 983/vk km
  Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
  Klimaat  
 - Tipe Gematigde seeklimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 8,1 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie -0,3 / 16,5 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 687 mm
  Burgemeester Jan Lindenau (SPD)
  Amptelike Webwerf luebeck.de

Die Hansestad Lubeck ( Nederduits : Lub?k , Lubeek , Deens : Lybæk ) is 'n selfregerende stad in die noorde van Duitsland en die suidooste van die deelstaat Sleeswyk-Holstein . Lubeck is aan die Lubeckse Baai van die Oossee gelee en die tweede grootste stad in die deelstaat na Kiel . Die Middeleeuse stadskern is deur Unesco as 'n werelderfenisgebied aangewys.

Die grootste stede in die omgewing is Hamburg (65 kilometer suidwes van Lubeck), Kiel (78 kilometer noordwes van Lubeck) en Schwerin (68 kilometer suidoos van Lubeck). Lubeck grens aan die Europese Metropoolgewes Hamburg. As een van die belangrikste Middeleeuse seehawens en handelstede in Duitsland het Lubeck met sy kenmerkende "Sewe Torings" homself steeds as die "Poort na die Noorde" van Europa beskou.

Geografie [ wysig | wysig bron ]

Lubeck is aan die benedeloop van die Trave, 'n bevaarbare rivier in die Noord-Duitse Laagvlakte , gelee wat sowat 17 kilometer van die historiese stadskern af in Travemunde in die Oossee uitmond. Die historiese stadskern het op 'n heuwel ontstaan wat 'n eiland tussen die rivierlope van die Trave- en Wakenitz-riviere vorm. Daarnaas loop ook die Elbe-Lubeck-kanaal vanaf Krummesse tot by die Trave deur die stadsgebied van Lubeck.

Die omliggende landskap maak deel uit van die Oos-Holsteinse Heuwelland en is oorspronklik gedurende die Weichsel-ystydperk (pleistoseen) gevorm. Die geografiese ligging naby die Traverivier, wat net voor Travemunde deur die Baltiese Heuwels breek, het die stad se ontwikkeling tot 'n beduidende Oosseehawe bevorder wat uiteindelik die Noord-Europese magsentrum van die Middeleeue sou wees.

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]