in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
L'Espresso
(ook gespel as
l'Espresso
en
L'espresso
) is (naas
Panorama
) een van
Italie
se twee groot nuusweekblaaie. Dit word in
Rome
deur die uitgewery
GEDI Gruppo Editoriale
uitgegee en het in 2018 volgens Audipress-statistieke sowat 1,2 miljoen lesers per week bereik.
[1]
Die gemiddelde verkoopte sirkulasie in 2017 was 186 167.
[2]
L'Espresso
het 'n sentristies-linkse politieke orientasie
[3]
en is in Oktober 1955 in Rome deur Carlo Caracciolo se uitgewery
N.E.R. (Nuove Edizioni Romane)
en die progressiewe nyweraar Adriano Olivetti geloods.