Kreef (sterreteken)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kreef (Cancer)
Die astrologiese simbool van die Kreef

Die Kreef (Lat: Cancer ) is die Westerse astrologiese teken van mense wat tussen ongeveer 22 Junie en 22 Julie gebore is. Dit is die vierde teken van die Diereriem .

Die Kreef is een van die drie watertekens en vier hooftekens . Dis ’n vroulike, negatiewe, introverte teken en is vergelykbaar met die Bok van die Chinese diereriem . [1] Die tradisionele heerser van die Kreef is Maan .

Krewe kom volgens die astrologie goed oor die weg met Skerpioene en Visse , asook met Ramme en Bulle . Hul teenpool is Steenbokke .

Agtergrond [ wysig | wysig bron ]

Jou son- of sterreteken het betrekking op die stand van die son tydens jou geboorte. Astroloe verdeel die diereriem, die denkbeeldige gordel aan die hemelruim waarlangs die planete beweeg, in twaalf dele: die son- of sterretekens. Die " sterrebeelde " is eintlik die astronomiese konstellasies aan die hemelruim en kom weens die presessie van die nageweningspunte nie meer ooreen met die twaalf tekens wat in die astrologie gebruik word nie.

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

Hierdie artikel is grootliks vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel nl:Kreeft (astrologie)
  1. Theodora Lau, The Handbook of Chinese Horoscopes , pxxvii, Souvenir Press, Londen, 2005

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]