in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
- Vir ’n artikel oor die krai met dieselfde naam, sien
Krasnojarsk-krai
.
Krasnojarsk
(
Russies
: Красноя?рск) is ’n stad aan die
Jenisei-rivier
in Sentraal-
Rusland
. Dit is die administratiewe hoofstad van
Krasnojarsk-krai
en die derde grootste stad in
Siberie
met ’n inwonertal van 1 035 528 (2014).
[1]
Die stad is ’n belangrike aansluitingspunt aan die
Transsiberiese Spoorlyn
en een van Rusland se grootste vervaardigers van
aluminium
.
Krasnojarsk is geografies die mees sentraal gelee van alle Russiese metropole. In die
Sowjet-tydperk
was die vestiging van strategies belangrike aanlegte van die kern-, wapen- en hoetegnologiebedrywe aan hierdie stategiese ligging te danke. Krasnojarsk was ook die Sowjet-Russiese sentrum van goudstaaf-vervaardiging.
[2]
Die plaaslike aanleg van Rusal, die tweede grootste aluminiumvervaardiger ter wereld, trek voordeel uit die lae kragtariewe in die streek - een van die grootste waterkragsentrales op aarde voorsien in sy elektrisiteitsbehoeftes.
Ondanks sy sterk industriele karakter word die stad as een van die mooiste in Siberie beskryf. Dit is nie net sy kulturele besienswaardighede wat van Krasnojarsk 'n gewilde toeristebestemming maak nie. In teenstelling met ander Siberiese stede is daar unieke landskapsvorme in die onmiddellike omgewing van die stadsgebied, waaronder berglandskappe, magtige uitgestrekte Siberiese bosse en die Nasionale Stolbi-natuurreservaat met 'n oppervlakte van 470 vierkante kilometer en eksotiese rotsformasies en kranse in die uitlopers van die Oostelike Sajan-bergreeks.
Die stad is in Julie 1628 gestig as ’n Russiese grensfort met die naam Krasni Jar (Кра?сный Яр). Dit is later herdoop toe dit stadstatus gekry het. Die stad het vinnig begin groei na die bou van ’n pad van 1735 tot 1741 wat dit met nabygelee dorpe en die res van Rusland verbind het. Dit het verder gegroei na die ontdekking van
goud
en die bou van ’n spoorlyn in 1895.
In die
19de eeu
was Krasnojarsk die middelpunt van die
Kosak
-beweging. In 1822 het dit stadstatus gekry en die hoofstad van die
Jenisei-goebernija
geword. In 1934, met die totstandkoming van die
Krasnojarsk-krai
, het dit die hoofstad daarvan geword.
In die
Russiese Ryk
was Krasnojarsk een van die plekke waarheen politieke bannelinge gestuur is. Dit was tydens
Josef Stalin
se bewind weer een van die groot sentrums van die
Goelag
, met
Kraslag
die grootste kamp. In die
Sowjet
-tyd is groot fabrieke ook in die stad opgerig, onder andere ’n papierfabriek, hidro-elektriese kragstasie en ’n rivierhawe.
Na die
Tweede Wereldoorlog
is talle fabrieke van die
Oekraine
en Wes-Rusland na Krasnojarsk geskuif en dit het bygedra tot verdere groei.
- ↑
http://www.newslab.ru/news/283524
- ↑
Hans Engberding, Bodo Thons:
Transsib-Handbuch. Unterwegs mit der Transsibirischen Eisenbahn
. 6de hersiene en uitgebreide uitgawe. Berlin: Trescher 2010, bl. 181
- Wiki-webtuistes
- Media
- Toerisme
Russiese stede met meer as ’n miljoen inwoners
|
---|
|