in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Krai
(
Russies
: край) is ’n term wat verwys na nege van
Rusland
se administratiewe of
deelgebiede
. Dit word op verskeie maniere vertaal: as
distrik
,
provinsie
of
streek
.
In Rusland was krais geskiedkundig groot gebiede wat aan die buitekant van die land gelee was. Tans dui krai egter op die status en outonomiteit van ’n gebied.
Krais word administratief verdeel in distrikte (
rajons
).
Die volgende krais word in Rusland aangetref:
- Altai
- Kamtsjatka
- Chabarofsk
- Krasnodar
- Krasnojarsk
- Perm
- Primorski
- Stawropol
- Zabaikalski