Kosmiese straling
is die
ioniserende straling
afkomstig van die
Son
en bronne buite die
Sonnestelsel
. Die
Aarde
en alle
lewende
wesens daarop word aanhoudend met
straling
uit die
ruimte
gebombardeer.
Hierdie straling bestaan grotendeels uit positief gelaaide
ione
wat deur die Son en bronne buite die Sonnestelsel uitgestraal word. Dit werk in op
atome
in die
atmosfeer
, wat sekondere straling tot gevolg het, soos
X-strale
,
muone
,
protone
,
alfadeeltjies
,
pione
,
elektrone
en
neutrone
.
Die onmiddellike dosis straling wat ’n persoon sou ontvang, sal meestal uit muone, neutrone en elektrone bestaan, en hierdie dosis wissel van gebied tot gebied en hang af van die
geomagnetiese veld
en hoogte bo seevlak. Dit is veel sterker in die boonste gedeelte van die
troposfeer
, omtrent 10 km bo seevlak, en is dus ’n groot bekommernis vir lugvaartpersoneel en gereelde lugpassasiers, wat baie ure per jaar in hierdie omgewing bestee. In hierdie gebied is die blootstelling aan straling nie soseer as gevolg van die inwerking van kosmiese strale op die dun atmosfeer nie, maar eerder die inwerking wat dit op die digte romp van die
vliegtuig
het. Dit veroorsaak relatief hoe vlakke
agtergrondstraling
in die kajuit wanneer die vliegtuig hoog bo seevlak is.
Op dieselfde manier word
ruimtevaarders
aan veel hoer vlakke agtergrondstraling blootgestel as mense op die aarde, omdat die kosmiese strale op die
ruimtetuig
se komponente inwerk. Dit hou ernstige probleme in vir potensiele langtermynruimtereise na die
Maan
en
Mars
. Ruimtevaarders in lae
wentelbane
word egter nie deur so ’n groot
risiko
in die gesig gestaar nie, omdat die
magneetveld
van die aarde die meeste kosmiese straling afskerm.
Kosmiese strale veroorsaak ook
elementere
kerntransmutasie in die atmosfeer, waar sekondere straling met die
atoomkerne
in die atmosfeer kombineer om verskillende
radioaktiewe
isotope
op te wek. Baie sogenaamde kosmogeniese nukliede kan vervaardig word, maar die mees algemene een is
koolstof-14
(
14
C
), wat vervaardig word as produk van inwerking op
stikstof
-atome. Hierdie kosmogeniese nukliede bereik uiteindelik die aarde se oppervlak, waar dit weer deel kan word van lewende wesens. Die produksie van hierdie nukliede wissel effe saam met die korttermynvariasies in die son se kosmiese strale, maar dit word as konstant beskou wanneer daar na ’n langer tydperk, soos duisende of miljoene jare, gekyk word. Die aanhoudende vervaardiging en inkorporering in lewende wesens, sowel as die relatief kort
halveertyd
van koolstof-14, is die hoofbeginsels waarop die
radiokoolstofdatering
van antieke
biologiese
materiale, soos
artefakte
van hout, en menslike oorskot gebaseer is.
- Cosmic ray. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.