Die
kokerboom
(
Aloidendron dichotomum
, voorheen
Aloe dichotoma
) is nie 'n
boom
in die engere sin van die woord nie, maar 'n
vetplant
wat tot die
familie
van
aalwyne
(
Asphodelaceae
) behoort.
[1]
Die aalwyne is 'n
Afrika
-
genus
van vetplante of sukkulente waarvan net enkele tot bome kan uitgroei. Die kokerboom kom in woestyn- en halfwoestyngebide voor in die droe noordooste van die
Karoo
in
Suid-Afrika
(onder andere by
Brandvlei
) en die suide van
Namibie
, onder andere in die
Kokerboomwoud
by
Keetmanshoop
.
[2]
Hierdie bome is klein met 'n kenmerkende dik stam en 'n digte, geronde kroon. Die
blare
is tipies van 'n vetplant, vlesig en sag wat sap afgee wanneer dit fyngedruk word, en het 'n blougroen of geelgroen kleur. Soos ander aalwynplante het die blare 'n rand met klein, geelbruin tande. Kokerbome dra heldergeel blomme wat in are bo die blaarroset gedra word. Die boom se vrug is in die vorm van 'n kapsule.
San
van vervloe dae het die
bas
van kokerbome gebruik om kokers vir hul gifpyle te maak.
Die kokerboom kom voor van
Namakwaland
in die
Groot-Karoo
noordwaarts tot selfs in die
Kaokoveld
in
Namibie
, waar dit in groot getalle teen rotsagtige hange groei. Die kokerboom is 'n kenmerkende spesie wat naverwant is aan die
Aloidendron pillansii
en
Aloidendron ramosissimum
, veral wat vorm, grootte en blomstruktuur betref, maar is tog duidelik onderskeidend wat algemene groeiwyse en omgewing betref.
Daar word algemeen van die
Aloidendron dichotoma
gepraat as die kokerboom of pylkokerboom omdat die
San
en
Khoi
die dik, buigbare bas en takke gebruik het om kokers vir hul pyle te maak. Die kokerboom aard goed in warm, droe gebiede en word dikwels aangetref in donker rotsformasies wat in die warm somermaande baie hitte absorbeer. Gewoonlik kom die kokerboom yl verspreid voor, maar in sommige dele groei kokerbome in groot groepe bymekaar, wat selfs die indruk van 'n woud wek.
Die kokerboom word omtrent 9 m hoog en het 'n dik hoofstam wat naby die grond tot 1 m in deursnee is. Die stam word van die middel af geleidelik slanker en vertak vandaar in verskeie takke. Daar is ongeveer 20 grysgroen blare aan elke tak ? tot 35 cm lank en 5 cm breed by die basis. By gesonde jong plante is die blaarbasis breer.
Die dun, donkergroen blare vorm rosette aan die bopunt van elk van die sytakke. Uit elke roset ontstaan daar in die middel van die winter suurlemoengeel blomritse. Die blomtrosse is oor die algemeen silindries. Die botsels is geel en bo groen, terwyl die blomme wissel van lemoengeel tot 'n helder kanariegeel wanneer hulle oopgaan.
Die plant het min waarde vir weiding:
-
Kokerbome in 'n kweekhuis.
-
In blom.
-
Kokerboom in suidelike Namibie.
-
Kokerboom: gegroei van Mei tot Augustus
-
Kokerboom te
Visrivier-canyon
, Namibie
-
Kokerboomwoud in die aand naby
Keetmanshoop
, Namibie.
-
Versamelvoels
(
Philetairus socius
) se neste in 'n kokerboom,
Noord-Kaap
.
-
Kokerboom in blom in die
Augrabies- Nasionale Park
.
-
Die blomme van die kokerboom in Mei te Augrabies- Nasionale Park.
-
Kokerbome en
dolerietrotse
naby Keetmanshoop.
-
Kokerboom in die Onder-Karoo, naby Tankwa-Karoo