in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Nikolaus Barbie
(
25 Oktober
1913
-
25 September
1991
) was 'n
SS
en
Gestapo
-funksionaris gedurende die
Nazi-era
. Hy was bekend as die
Butcher of Lyon
omdat hy die Franse gevangenes van die Gestapo persoonlik gemartel het terwyl hy in
Lyon
,
Frankryk
gestasioneer was. Na die oorlog het die Amerikaanse inligtingsdienste hom aangewend vir sy anti-marxistiese aktiwiteite en het ook sy ontsnapping na
Bolivie
gehelp.
Die Wes-Duitse intelligensiediens het hom later gewerf. Daar word vermoed dat Barbie moontlik betrokke was by die Boliviaanse
staatsgreep
wat in 1980 deur
Luis Garcia Meza
georkestreer is. Na die val van die diktatorskap het Barbie nie meer die beskerming van die regering in
La Paz
geniet nie en is in 1983 aan Frankryk uitgelewer, waar hy skuldig bevind is aan
Misdade teen die Mensdom
. Hy is op 25 September 1991 aan
kanker
in die gevangenis oorlede.