한국   대만   중국   일본 
Kemerowo-oblast - Wikipedia Gaan na inhoud

Kemerowo-oblast

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kemerowo-oblast
Кемеровская область
Die ligging van Kemerowo-oblast in Rusland.
Die ligging van Kemerowo-oblast in Rusland.
Politieke status
Land Russiese Federasie
Federale distrik Siberiese
Ekonomiese streek Wes-Siberiese
Stigting 26 Januarie 1943
Regering
Hoofstad Kemerowo
Leier Aman Toelejef [1]
Amp Goewerneur
Wetgewer Raad van Volksafgevaardigdes
Bevolking
Sensus 2010
Totaal 2 763 135
Volgorde 15de
Digtheid 28,93/km 2
Stedelik 85,4%
Plattelands 14,6%
Statistiek
Oppervlakte 95 500 km 2
Volgorde 34ste
Tydsone UTC+07:00
Registrasienommer 42
Amptelike tale Russies
Webtuiste http://www.ako.ru/
Wapen en vlag

Portaal   Portaalicoon   Rusland

Kemerowo-oblast ( Russies : Ке?меровская о?бласть, Kemerofskaja oblast ) is ’n deelgebied van Rusland . Dit le in die Siberiese Federale Distrik en die hoofstad is Kemerowo .

Die oblast, wat ’n gebied van 95 500 km 2 beslaan, [2] grens aan Tomsk-oblast in die noorde, Krasnojarsk-krai en Chakassie in die ooste, die Republiek Altai in die suide en Nowosibirsk-oblast en Altai-krai in die weste. Hoewel Kemerowo die hoofstad is, is Nowokoeznetsk die oblast se grootste stad. Kemerowo-oblast is een van Rusland se mees verstedelikte streke, met meer as 70% van die bevolking wat in sy nege grootste stede woon. Die bewoners is hoofsaaklik Russies , maar Oekrainers , Tatare en Tsjoewasjiers kom ook voor.

Geskiedenis [ wysig | wysig bron ]

Die oblast is op 26 Januarie 1943 gestig, [3] maar is lank voor dit bewoon. Die oudste stad in die streek is Nowokoeznetsk, wat in 1618 gestig is, kort nadat die Kosak - ataman Jermak in Siberie aangeland het.

Die gebied wat die moderne Kemerowo-oblast beslaan, is verskeie duisende jare lank bewoon. In 1618 is die Koeznetsk-fort in die suide van die streek opgerig om dit teen Russiese en Mongoolse invalle te beskerm.

Sowjet-tydperk [ wysig | wysig bron ]

Na die Oktober-rewolusie het die streek deel van die Wes-Siberiese Krai geword, en daarna van die Nowosibirsk-oblast . Tydens die Tweede Wereldoorlog het die streek ’n groot verskaffer van steenkool en metaal geword.

Op 26 Januarie 1943 is die Kemerowo-oblast gestig met Kemerowo as hoofstad. Dit het 17,5% van die Nowosibirsk-oblast ingesluit.

Klimaat [ wysig | wysig bron ]

Die klimaat van die oblast is kontinentaal: die winters is lank en koud en die somers kort en warm. Die gemiddelde temperatuur in Januarie is -17 tot -20 ºC , en in Julie 17 tot 18 ºC .

Die gemiddelde jaarlikse reenval wissel tussen 300 mm op die vlaktes en voetheuwels tot 1 000 mm of meer in berggebiede.

Kleinplaneet [ wysig | wysig bron ]

’n Kleinplaneet , 2140 Kemerovo , wat in 1970 deur die Sowjet-sterrekundige Tamara Smirnowa ontdek is, is na die Kemerowo-oblast genoem. [4]

Etniese samestelling [ wysig | wysig bron ]

Die etniese samestelling is:

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
  1. Amptelike webtuiste van die administrasie van Kemerowo-oblast. Aman Toelejef Geargiveer 10 April 2012 op Wayback Machine ( ru )
  2. ( ru ) Федеральная служба государственной статистики (Federale Staatstatistiekdiens) (2004-05-21). "Территория, число районов, населённых пунктов и сельских администраций по субъектам Российской Федерации (Territory, Number of Districts, Inhabited Localities, and Rural Administration by Federal Subjects of the Russian Federation)". Всероссийская перепись населения 2002 года (All-Russia Population Census of 2002). URL besoek op 2011-11-01
  3. Charter of Kemerovo Oblast, Article 2
  4. Schmadel, Lutz D. (2003). Dictionary of Minor Planet Names (5th uitg.). New York: Springer Verlag. p. 173. ISBN   3-540-00238-3 .
  5. Перепись-2010: русских становится больше Geargiveer 25 Desember 2018 op Wayback Machine . Perepis-2010.ru (2011-12-19). URL besoek op 2013-08-20.

Koordinate : 54°56′N 87°14′O  /  54.933°N 87.233°O  / 54.933; 87.233