Die
Keltiese tale
is die tale wat afstam van Proto-Kelties. Dit is 'n tak van die
Indo-Europese tale
wat deur die
Kelte
gepraat is, een van die eerste
Europese
groepe wat oor die hele kontinent versprei het. Die groep het uit die
5de eeu v.C.
vanuit die sentrale deel van
Europa
getrek.
Kelties bestaan vandag uit vier lewendige gemeenskapstale,
Iers-Gaelies
,
Skots-Gaelies
,
Wallies
en
Bretons
wat op die randgebiede van state met ander meerderheidstale gepraat word. Twee ander tale,
Manx-Gaelies
en
Kornies
, het onlangs, Kornies in die
18de eeu
en Manx-Gaelies in die
19de eeu
, hulle status as gesproke gemeenskapstale verloor maar is die onderwerp van herlewingspogings. Benewens die randgebiede in hulle oorspronklike taalgebiede in Europa, word Keltiese tale ook in oostelike
Kanada
,
Patagonie
en deur verspreide groepe in die
Verenigde State
en
Australie
gepraat.
Keltiese tale wat intussen uitgesterf het, het ook die
Romaanse
en
Germaanse tale
wat dit verplaas het beinvloed, soos byvoorbeeld die opname van 'n beperkte
Galliese
woordeskat in
Frans
en Keltiese invloed op
Engels
.
[1]
Oral ter wereld word plekname met Keltiese oorsprong ook aangetref.
[2]
Die sprekers van hierdie tale neem baie af en dit word veral deur
Engels
en
Frans
verdring.
Daar kan maklik aangetoon word dat Kelties 'n lid van die
Indo-Europese
taalfamilie is. Kelties vertoon sekere argaiese eienskappe soos die gebrek aan 'n volledig ontwikkelde infinitief, die gebrek aan 'n
werkwoord
vir "om te he", differensiasie van geslag in die drie en vier getalle en Onderwerp-Voorwerp-Werkwoord woordvolgorde in Keltiberies en Leponties.
Keltiese tale se mees ooglopende onderskeiding van ander Indo-Europese tale is die verlies aan die Indo-Europese
*p
soos geillustreer deur Gaeliese woord vir voel,
ean
en Walliese
edn
teenoor
Latyn
penna
en
Grieks
pteron
. Daar word soms gemeen dat Kelties 'n spesiale verhouding met
Germaans
en
Italies
het. Dit is egter waarskynlik eerder as gevolg van taalkontak as taal-genetiese oorwegings.
Vasteland/Eiland Kelties
|
P/Q-Kelties
|
|
|
Keltiese tale word gewoonlik verdeel in die
Eiland-Keltiese tale
en
Vasteland-Keltiese tale
. Eiland-Keltiese tale verwys na die direkte voorgangers van die moderne keltiese tale, terwyl Vasteland-Keltiese tale na die vroegste ontwikkeling van die Keltiese tale verwys. In taalkundige opsig blyk die klassifikasie egter meer ingewikkeld te wees.
Vasteland-Kelties is gedeeltelik geherkonstrueer uit plekname, geskrifte en aspekte wat uit Italies en Germaans geleen is. Vroeer was daar 'n onbekende aantal Vasteland-Keltiese dialekte, waaronder
Gallies
,
Keltiberies
,
Leponties
en
Galaties
. Verder is Kelties in die Romeinse provinsie Noricum gepraat en word 'n aparte dialek, Narbonenses, in die suide van Frankryk gepostuleer. Die Vasteland-Keltiese tale het almal uitgesterf en dit blyk dat Kelties teen 500 n.C. op die Europese vasteland geheel en al uitgesterf het.
In die Britse Eilande het Kelties egter oorleef as
Pikties
in
Skotland
, noord van die Forth-Clyde lyn, en in
Ierland
. In die Romeinse provinsie in Groot-Brittanje is die Britse tale deur Latyns beinvloed, maar het dit oorleef en Noordelike en Suidelike variante ontwikkel wat tot
Wallies
,
Kornies
en
Bretons
gelei het. In Skotland is Pikties deur die Gaelies van setlaars uit Ierland vervang. Hulle het 'n kontinue Gaeliese taalgebied tussen Ierland, die
Eiland van Man
en
Skotland
gevestig, wat die voorloper van die hedendaagse
Iers-Gaelies
,
Manx-Gaelies
en
Skots-Gaelies
is.
Taalkundig word Kelties in P-Kelties en Q-Kelties verdeel opgrond van die tale se hantering van die
Proto-Keltiese
*
k
w
, wat *
p
geword het in die P-Keltiese tale en *
k
in die Q-Keltiese tale. In die klassifikasie is die Britoniese Keltiese tale, Wallies, Kornies en Bretons, P-Kelties en die Gaeliese tale Q-Kelties. Die Proto-Keltiese werkwoordwortel *
k
w
rin-
"om te koop", het by voorbeeld
pryn-
geword in Wallies, maar
cren-
in
Oud-Iers
. Wanneer moderne Keltiese tale beskou word is, "Q-Kelties" ekwivalent aan "Goidelies" (Gaelies) en "P-Kelties" aan "Britonies", aangesien geen van die Vasteland-Keltiese tale oorleef het nie.
Die Invloed van Kelties op ander tale
[
wysig
|
wysig bron
]
Keltiese invloed op Frans
[
wysig
|
wysig bron
]
Voor die Romeinse besetting van
Gallie
, wat rofweg ooreenkom met vandag se
Frankryk
deur
Julius Caesar
in 58?52 v.C., is Gallie grootliks deur 'n Keltiese volk bewoon, wat die Romeine die Galliers (
Latyn
:
Galli
) genoem het. Ten spyte van hierdie vroee oorheersende Galliese bevolking het minder as 200 woorde met 'n Keltiese etimologie in Frans behoue gebly. Woorde vir plekke (
ber,
lande
), plantname (
berle
,
chene,
if
) en wat oor landelike lewe en die aarde handel (
mouton
,
tonne
,
creme
,
charrue
,
charriot
,
barde
,
baume
,
bouc
,
boue
,
brosse
,
caillou
,
cervoise
,
druide
,
magouille
,
orteil
,
souche
) word vandag nog gebruik.
[3]
Ander Galliese woorde is deur
Latyn
in
Frans
ingevoer, veral woorde vir Galliese voorwerpe en gebruike wat vir die
Romeine
nuut was en waarvoor daar nie 'n ekwivalent in Latyn was nie (b.v.
braies, ambassade en matras
). Latyn het vinnig as gevolg van handel, amptelike funksies en opvoeding die
lingua franca
van die hele Galliese area geword. Dit is egter teen die
4de eeu
nie meer deur die meerderheid van Galliers gepraat nie.
Benewens die bydra tot die Franse woordeskat, het Kelties 'n aantal
fonologiese
en taalkundige invloede op Frans gehad.
Fonologiese veranderinge wat aan Kelties toegeskryf kan word sluit in:
- die opheffing van [o] na [u] (soos in alle keltiese tale)
- die verandering van [o] na /eu/ [ø] of [œ],
- [a] na [æ] na [e]*
- ct > xt > it (soos in lactem > lait)*
- die frikasering en skrapping van stemhebbende intervokaliese konsonante (g, d, b)
- die palatalisering van jod [j] na [dj] na [?]; (ego > je)
- die diftongifisering van geslote lang /e/ na /oi/ (soos in die Britoniese tale [ui])
- die gebruik van liaisons en enchainement (soos in alle Keltiese tale)
- nasalisering (soos in Bretons en Gaelies)
- die invoeging van epenthetic homorganic konsonante tussen nasale en liquids; simulare > sembler, *venira > viendra (soos in Wallies en Manx-Gaelies)
Taalkundige veranderings sluit in:
- besit aangedui deur
a
in plaas van
de
(ce livre est a moi) (soos in alle Keltiese tale)
- die Galliese c'est...qui, que gebruik vir beklemtoning
- tel in twintigs; quatre-vingts en in Oud-Frans treis vingts, cinq vingts
- die einde van die eerste persoon meervoud selfstandige naamwoord -ons (cf. Breton caromp, Welsh aethom)
- die invloed van betekenis en vorm van die woorde avec, car, oui, chez, aise, aveugle, tete, huitaine en quinzaine, fleur de farine, fois, en monde "mense"
- die gebruik van periphrastic frases om aspek aan te dui; i.e. en train de, venir de, apres + verb, etc.
- die aanneem van die intensiewe voorvoegsel ro-, wat die moderne re- geword het (vergelyk: luire "om te glinster" vs. reluire "om te skyn"; tirer "om te trek" vs. retirer "om terug te trek, weg te neem")
Keltiese invloed op Engels
[
wysig
|
wysig bron
]
Keltiese volke het in ongeveer 600 v.C in die Britse Eilande aangekom en was die dominante kultuur toe die Angel-Saksiese kultuur en taal in die 6de en 7de eeue oor oostelike en Sentraal-Brittanje versprei het. In die uithoeke van die eiland het Keltiese tale egter behou gebly. Keltiese stamme het egter ook met die Germaanse aankomelinge vermeng wat daartoe gelei het dat elemente van hulle taal opgeneem is in wat uiteindelik
Engels
sou word.
[1]
Keltiese woorde is uit drie bronne in Engels ingevoer: woorde wat in die Germaanse tale opgeneem is in die
Europese
vasteland, leenwoorde wat oorgeneem is na die vestiging op die Britse eilande en woorde uit
Ierland
. Eersgenoemde was gewoonlik geassosieer met konflik en oorlog aangesien die Kelte baiekeer as huursoldate gesien is. Die tweede groep hou veral verband met plekke en laasgenoemde word baiekeer geassosieer met die kerstening van Brittanje.
Met die Normandiese verowering het 'n taalkundige hierargie ontstaan waarin Kelties aan die onderkant geplaas is. Die lae status wat die Keltiese tale vir baie eeue gehad het, het waarskynlik gelei tot die geringe opname van Keltiese woorde in Engels. Woorde wat wel in Engels opgeneem is luit in bucket, car, crockery, noggin, gob, slogan en flannel, truant en gaol.
[1]
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Kelties
.
|