Die
Republiek van Karatsjai-Tsjerkessie
(
Russies
: Карача?ево-Черке?сская респу?блика,
Karatsjaewo-Tsjerkesskaja Respoeblika
; Karatsjai-Balkaries: Къарачай-Черкес Республика; Kabardies: Къэрэшей-Шэрджэс Республикэ) is ’n republiek (’n
deelgebied
) van
Rusland
.
Die republiek is 14 100 km² groot en grens aan
Krasnodar-krai
,
Kabardino-Balkarie
,
Stawropol-krai
en
Georgie
. Daar is sowat 130 mere. Van die belangrikste riviere is die Aksaoet, Bolsjaja Laba,
Koeban
en
Koema
. Sowat 80% van die landskap is bergagtig. Die hoogste punt is
Berg Elbroes
, wat 5 642 m hoog is.
Van Karatsjai-Tsjerkessie se belangrikste natuurlike hulpbronne sluit in
goud
,
steenkool
en klei.
Die Karatsjai-Tsjerkessiese Outonome Oblast is op 12 Januarie 1922 gestig. In 1926 is dit opgedeel in die Karatsjai- Outonome Oblast en die Tsjerkessiese Nasionale Distrik. Laasgenoemde se status is in 1928 verhoog tot die van outonome oblast. In 1943 is die Karatsjai- Outonome Oblast afgeskaf en sy mense na
Kazachstan
en
Oezbekistan
verban nadat hulle beskuldig is van samewerking met die
Nazi's
. Die grootste deel van die streek is verdeel tussen Stawropol-krai en Georgie.
Die oorblywende deel, wat deur Tsjerkessiers bewoon is, was bekend as die Tsjerkessiese Outonome Oblast tot op 9 Januarie 1957, toe dit weer die Karatsjai-Tsjerkessiese Outonome Oblast met sy vorige grense geword het na die rehabilitasie van die Karatsjai. Op 3 Julie 1991 is die outonome oblast verhef tot die Outonome Sosialistiese Sowjet-republiek van Karatsjai-Tsjerkessie. Met die verbrokkeling van die
Sowjetunie
in Desember 1992 is die woorde "Outonome Sosialistiese Sowjet-" uit die naam gelaat.
Volgens die
2002
-sensus is die grootste bevolkingsgroep die Karatsjais (38,5%), gevolg deur die
Russe
(33,6%) en die
Tsjerkessiers
(11,3%).
Die republiek is bekend as die tuiste van, toe dit gebou is, die grootste teleskoop ter wereld, ’n baie groot radioteleskoop (600 meter in deursnee), en die Spesiale Astrofisiese Sterrewag van die Russiese Akademie vir Wetenskap. Albei is gelee aan die oewers van die Zelentsjoek-rivier, tussen die dorpe Zelentsjoekskaja en Archiz.
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel
en:Karachay-Cherkessia