한국   대만   중국   일본 
Kangchenjunga - Wikipedia Gaan na inhoud

Kangchenjunga

Koordinate : 27°42′11″N 88°08′51″O  /  27.70306°N 88.14750°O  / 27.70306; 88.14750
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kangchenjunga
Kangchenjunga soos vanaf Gangtok gesien Kangchenjunga soos vanaf Gangtok gesien
Ligging Sikkim ( Indie ) en Mechi ( Nepal )
Hoogte 8 586 [1]   meter bo seevlak
Prominensie 3 922 [2]
Reeks Kangchenjunga-massief ( Himalaja )
Koordinate 27°42′11″N 88°08′51″O  /  27.70306°N 88.14750°O  / 27.70306; 88.14750
Eerste bestyging 25 Mei 1955
Eerste bestyger(s) George Band
Joe Brown
Maklikste roete gletser/sneeu/ys-klim
Ligging van Kangchenjunga op 'n kaart (Nepal)
Kangchenjunga
Kangchenjunga
Noordelike wand van Kangchenjunga met hoofpiek, westelike piek en Kangbachen (v.l.n.r.)
Lugbeeld van die Kangchenjunga-massief, soos vanaf die suide afgeneem
Kangchenjunga se westelike piek, hoofpiek, middelpiek en suidelike piek (v.l.n.r.)

Kangchenjunga ( Nepalees : ??????????, Tibettaans : ????????????????, Hindi : ????????) is 'n berg in die Himalaja wat op die grens tussen Indie en Nepal gelee is. Met 'n hoogte van 8 586 meter is dit die derde hoogste berg van Asie en die wereld na Berg Everest en K2 . Sedert die toetreding van die Koninkryk van Sikkim is Kangchenjunga die hoogste berg van die Indiese unie. Dit is die mees oostelike berg met 'n hoogte van meer as 8 000 m.

Die naam van die berg is van die Tibettaanse naam afgelei en bestaan uit die vier woorde gangs "sneeu", chen "groot", mdzod "skatkamers " en lnga "vyf", wat as "Die vyf skatkamers van die groot sneeu" vertaal kan word. Die berg word deur die bewoners van die deelstate Sikkim en Darjeeling as heilig vereer.

Bergpieke [ wysig | wysig bron ]

Kangchenjunga is die enigste van die agt-duisende, waar na die hoofpiek ook drie verdere pieke 'n hoogte van meer as 8 000 m bereik. Die (vermoedelik) gelyknamige vyf pieke van Kangchenjunga is:

Bergpiek Hoogte Prominensie [3]
Kangchenjunga se hoofpiek 8 586 m 3922 m
Kangchenjunga se westelike piek (Yalung Kang) 8 505 m 135 m
Kangchenjunga se middelpiek 8 473 m 63 m
Kangchenjunga se suidelike piek 8 476 m 116 m
Kangbachen se piek 7 902 m

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. ( en ) "Kangchenjunga, India/Nepal" . Peakbagger.com. Besoek op 20 Mei 2015.
  2. Jurgalski, E., de Ferranti, J. and A. Maizlish (2000?2005). "High Asia II ? Himalaya of Nepal, Bhutan, Sikkim and adjoining region of Tibet" (in Engels). Peaklist.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 September 2019 . Besoek op 20 Mei 2015 . {{ cite web }} : AS1-onderhoud: meer as een naam ( link )
  3. ( en ) Eberhard Jurgalski: Hoogte en Prominensie op www.8000ers.com . Besoek op 20 Mei 2015.

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]