in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie kabinet was
President Cyril Ramaphosa
se tweede, verkleinde kabinet
[1]
[2]
[3]
wat op 30 Mei 2019 ingehuldig is. President Ramaphosa het sy kabinet op 5 Augustus 2021 geskommel, met 10 verskuiwings of nuwe ministersaanstellings, asook 'n aantal nuwe adjunkministers.
Die kabinet het tot middel Junie 2024 gedien, waarna dit met die
derde kabinet van Cyril Ramaphosa
vervang sal word.
Kabinetskommeling in 2021
[
wysig
|
wysig bron
]
President
Ramaphosa
het op 5 Augustus 2021 bykans ‘n derde van sy kabinetslede verander.
[4]
Dit was die derde kabinetskommeling sedert hy op 15 Februarie 2018 as president van die land verkies is.
Die kabinetskommeling volg op onluste wat in KwaZulu-Natal en Gauteng uitgebreek het na die inhegtenisname van oudpresident Jacob Zuma. Zuma is op 29 Junie 2021 15 maande se gevangenisstraf opgele deur die
Grondwethof
weens minagting van die hof.
[5]
Die klag spruit uit Zuma se versuim om voor die
Regterlike Kommissie van Ondersoek na Bewerings van Staatskaping
onder voorsitterskap van adjunkhoofregter
Raymond Zondo
te verskyn.
Berigte dat die staatsveiligheidagentskap en die polisie se misdaadintelligensie onvoorbereid was op die onluste het Ramaphosa genoop om toesig oor die ministerie na die presidensie te verskuif.
'n Ander wesenlike skuif was die bedanking van
Tito Mboweni
as minister van finansies.
[6]
Enoch Godongwana
is in sy plek aangestel.
Kabinetskommeling in 2023
[
wysig
|
wysig bron
]
President Ramaphosa het weereens op 6 Maart 2023 sy kabinet verander. Dit was die vierde kabinetskommeling sedert hy op 15 Februarie 2018 as president van die land verkies is.
Die kabinetskommeling volg op die
55ste Nasionale Konferensie van die African National Congress
waartydens Ramaphosa vir 'n tweede termyn as President van die ANC verkies is. Die skommeling het onder andere die aanstelling van
Kgosientso Ramokgopa
as Minister in die Presidensie verantwoordelik vir elektrisiteit ingesluit, 'n pos wat nuut geskep is weens die voortslepende
Suid-Afrikaanse energiekrisis
.
[7]
Gebeure na die algemene verkiesing van 2024
[
wysig
|
wysig bron
]
Ramaphosa se party, die African National Congress (ANC), het sy volstrekte meerderheid in die
parlementere verkiesing
in 2024 verloor en is tot ’n pluraliteit in die Nasionale Vergadering verminder. Na die verkiesing het die partye onderhandel oor die vorming van 'n koalisieregering. Op 14 Junie 2024 het die ANC, die
Demokratiese Alliansie
(DA), die
Inkatha Vryheidsparty
(IVP) en die Patriotiese Alliansie (PA), ingestem om 'n landmerk- nasionale eenheidsregering te vorm, met Cyril Ramaphosa wat herkies is as president van Suid-Afrika.
[8]
[9]
- ↑
(
en
)
Cyril Ramaphosa's new cabinet, in his own words
. Besoek op 29 Mei 2019.
- ↑
(
en
)
Ramaphosa announces his Cabinet: Here’s the complete list of ministers
. Besoek op 29 Mei 2019.
- ↑
Full list ? here is Ramaphosa’s new cabinet
,
BusinessTECH
, 29 Mei 2019. Besoek op 31 Januarie 2021. Sien
hier
- ↑
"Statement by President Cyril Ramaphosa on changes to the National Executive, Union Buildings, Tshwane"
. The Presidency The Republic of South Africa. 5 Augustus 2021.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2021.
- ↑
Bates, Erin; Omarjee, Hajra; Maeko, Thando (29 Junie 2021).
"Jacob Zuma found guilty of contempt of court and receives 15-month jail term"
.
Business Day
. Arena Holdings.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2021.
- ↑
Omarjee, Hajra; Paton, Carol; Mkentane, Luyolo (5 Augustus 2021).
"Ramaphosa wields the axe and puts allies in key positions"
.
Business Day
. Arena Holdings.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 6 Augustus 2021.
- ↑
Ramaphosa, Cyril (6 Maart 2023).
"Full text: President Ramaphosa's Cabinet reshuffle"
.
Daily Maverick
.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2023.
- ↑
Chothia, Farouk; Kupemba, Danai Kesta; Plett-Usher, Barbra (14 Junie 2024).
"ANC and DA agree on South Africa unity government"
. BBC News
. Besoek op
14 Junie
2024
.
- ↑
"South Africa's National Assembly re-elects Cyril Ramaphosa as president"
. Reuters. 14 Junie 2024
. Besoek op
14 Junie
2024
.
Voorafgegaan deur
Ramaphosa I
|
2de Kabinet van Cyril Ramaphosa
Mei 2019 ? Junie 2024
|
Opgevolg deur
Kabinet van Cyril Ramaphosa, Junie 2024
|
|
---|
President
| |
---|
Adjunkpresident
| |
---|
Ministers
| |
---|