in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die ou
Kaappunt-vuurtoring
by
Kaap Maclear
is een van twee
vuurtorings
by
Kaappunt
in die
Kaap van Goeie Hoop-natuurreservaat
op die suidelike punt van die
Kaapse Skiereiland
. Dit is 'n 8 m (27 voet) hoe silindriese gietystertoring en is sedert 1919 onaktief. Die boonste helfte van die vuurtoring is wit geverf en die onderste helfte swart; die
lantern
is wit met 'n rooi koepel.
[1]
Die ou toring is op
1 Mei
1860
opgerig. Die toring, met 'n
fokale vlak
van 249 m (816 voet) bo seevlak, was egter te hoog en gereeld in die mis waar dit nie deur skepe gesien kon word nie. Nadat die Portugese skip
Lusitania
op 18 April 1911 gestrand het, is besluit om 'n nuwe toring op te rig.
[2]
'n
Nuwe toring
, met 'n fokale vlak van 87 m (285 voet) bo seevlak, is toe opgerig om die ou toring te vervang en in
1919
in gebruik geneem.
[2]
Die oorspronklike ou vuurtoring by Kaap Maclear bestaan steeds en is vandag 'n toeristeaantreklikheid asook die sentrale moniteringspunt vir alle vuurtorings in
Suid-Afrika
.
[3]
Toegang tot hierdie historiese gebou is deur middel van die
Vlieende Hollander
-kabelbaan wat besoekers van die laer stasie op 127 meter bo seevlak vervoer na die boonste stasie, 286 meter bo seevlak.
[3]