in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
KWV
, wat in 1918 gestig is as die
Ko-operatiewe Wijnbouwers Vereniging van Zuid-Afrika
,
[1]
is een van die vooraanstaande vervaardigers van
wyn
en sterk drank in
Suid-Afrika
.
[2]
Sy handelsmerke sluit in Roodeberg, Laborie en KWV-wyn en
-
brandewyn
.
[3]
Sy hoofkwartier is in die
Paarl
,
Wes-Kaap
. KWV Beperk se naam is na die maatskappy se
ontbondeling
in 2009 verander na KWV Beherend Beperk,
[1]
[4]
terwyl KWV Beleggings nou bekend is as Capevin Beleggings.
[5]
Die ingang na La Concorde, KWV se ou hoofkwartier in die
Paarl
.
KWV is op 8 Januarie 1918 gestig as ’n wynmakerskooperasie van die
Wes-Kaap
, Suid-Afrika, met dr. Charles Kohler as voorsitter.
[6]
Dit is ’n internasionale brandewyn- en wynhandelsmerk wat ’n wye verskeidenheid produkte vervaardig.
[7]
Die doel van KWV was om eenheid onder die wynboere van Suid-Afrika te bewerkstellig en om die deurlopende verbetering in die gehalte van Suid-Afrikaanse wyn en brandewyn te verseker. Van die vroee 1920's af het die liggaam toenemende wetgewende beheer oor die vervaardiging, verkoop en uitvoer van Suid-Afrika se wyn en sterk drank gehad,
[8]
wat die kooperasie in staat gestel het om met innoverings in die bedryf te eksperimenteer, en dit het hom help ontwikkel. KWV het ook in ’n groot mate bele in die plaaslike en oorsese bemarking van Suid-Afrikaanse wyn en brandewyn.
Sy wetgewende beheer is beeindig aan die einde van
apartheid
in 1990 en met die daaropvolgende nuwe regering, en het in 1997 van ’n kooperasie in ’n maatskappy verander.
[9]
In 2004 het KWV die Suid-Afrikaanse wynbedryf se grootste ooreenkoms rakende
breed gebaseerde swart ekonomiese bemagtiging
(BGSEB) met Phetogo (Pty) Ltd aangegaan en 25,1% van sy aandele bekom. Vir die eerste keer is KWV se wyne en brandewyne onder sy naam plaaslik verkoop nadat dit voorheen net aan internasionale verbruikers beskikbaar was.
[9]
In 2010 het KWV ’n filiaalmaatskappy van Niveus Investments, deel van die HCI-swartbemagtigingsbeleggingsgroep, gestig en was dit die enigste Suid-Afrikaanse vervaardiger wat gelys is op Drinks International se "Most Admired Wine Brands Global register".
[10]
In Oktober 2016 is ’n deel van KWV verkoop aan die Vasarigroep onder leiding van Vivian Imerman. Vasari is in
Londen
gebaseer en is ’n verbruikersgefokusde beleggingsgroep wat die bedryfsbates van KWV vir R1,15 miljard bekom het. KWV se brandewyne wen gereeld internasionale pryse.