in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jules Emile-Frederic Massenet
(12 Mei 1842, Montaud, naby Saint-Etienne, Frankryk - 13 Augustus 1912, Parys, Frankryk) was een van die voorste
operakomponiste
van sy generasie. Sy musiek word bewonder vir die liriese, sensuele en sentimentele aard daarvan.
Massenet het op 11-jarige leeftyd ingeskryf aan die Paryse Konservatorium en komposisie onder Amroise Thomas, 'n bekende operakomponis van sy era, studeer. In 1863 wen hy die Prix de Rome met sy
kantate
getiteld
David Rizzio
.
Hy het in
1867
met sy opera
La Grand’ Tante
("Die Groot Tante") sy loopbaan as operakomponis en skrywer van insidentele musiek van stapel gestuur. Sy 24 operas word gekenmerk deur 'n grasievolle em melodiese styl van 'n deurgaans
Franse
karakter.
Manon
(
1884
; na Antoine Francois Prevost) word deur baie as sy meesterstuk beskou. Die opera, wat bekend is om sy sensuele
melodie
e en bedrewe karaktersketsings, maak gebruik van leidende temas en motiewe ten einde die protagoniste en hul emosies te identifiseer en te karakteriseer. In die resisatief-dele (dialoog) bevat dit gesproke woorde bo-oor ligte orkestrale begeleiding.
Onder sy beste en mees suksesvolle operas tel
Le Jongleur de Notre-Dame
(1902),
Werther
(1892; na
Goethe
), en
Thais
(1894). Die bekende “Meditation” vir viool en orkes uit laasgenoemde werk is vandag steeds deel van die standaard
vioolrepertorium
. Verskeie van Massenet se operas reflekteer die opeenvolgende kontemporere operamodes van sy tyd. Derhalwe beskik
Le Cid
(1885) byvoorbeeld oor die kenmerke van 'n Franse "grande opera", terwyl
Le Roi de Lahore
(1877; die Koning van Lahore) die destydse smaak vir Oosterse vreemdhede reflekteer.
Esclarmonde
(1889) toon die invloed van
Wagner
, en
La Navarraise
(1894; Die Vrou van Navarre) is beinvloed deur die verismo-styl, oftewel realisme, wat aan die wending van die eeu gewild was. Ander bekende operas deur Massenet is
Herodiade
(1881) en
Don Quijote
(1910).
Van Massenet se insidentele musiek is dit veral sy musiek vir Leconte de Lisle se toneelstuk getiteld
Les Erinnyes
uit
1873
wat uitstaan. Dit bevat die bekende “Elegie”, wat steeds wyd opgevoer word. In 1873 het hy sy
oratorium
getiteld
Marie-Magdeleine
gekomponeer wat later as opera opgevoer is. Die werk vermeng godsdienstige gevoelens en erotiek, welke motief dikwels in Massenet se werk bespeur kan word. Massenet het ook meer as 200 liedjies, ‘n klavierconcerto, en verskeie orkestrale suites, gekomponeer.
Massenet was 'n invloedryke onderwyser aan die Paryse Konservatorium waar hy klas gegee het in
komposisie
. Sy
outobiografie
heet
Mes Souvenirs
(1912; My Herinneringe).
[1]
- ↑
"Massenet, Jules (-Emile-Frederic)." Encyclopædia Britannica. Encyclopædia Britannica Ultimate Reference Suite. Chicago: Encyclopædia Britannica, 2012.