in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Sir
John Georgie Fraser
(
17 Desember
1840
-
22 Junie
1927
) was 'n Suid-Afrikaanse staatsman. Hy is op
Beaufort-Wes
gebore. Sy pa was ds.
Colin Fraser
en hy was die oom van mev.
Rachel Isabella Steyn
, die eggenote van president
M.T. Steyn
. Hy het sy opleiding ontvang in
Skotland
en keer in 1861 terug na die
Vrystaat
. Hy veg teen die Basoeto's en word aangestel as sekretaris vir president
Jan Brand
.
Daarna word hy griffier van die Vrystaatse Hoerhof, sekretaris van die Volksraad en Meester van die Weeskamer. Hy tree in 1877 uit die diens van die Republiek en word 'n Volksraadlid vir
Bloemfontein
, 'n posisie wat hy vir 19 jaar lank beklee. Hy staan in 1896 vir President maar was onsuksesvol. Na die
Tweede Vryheidsoorlog
word hy in 1902 aangestel op die Oranjerivierkolonie se Wetgewende Raad en later op die Tussenkoloniale Raad. Hy word verkies tot parlement en word leier van die Opposisie. Met Uniewording word hy 'n Senator (1910-20)