in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Genl.
Johannes Marthinus Keevy
(
Somerset-Oos
,
Kaapkolonie
,
1908
?
Pretoria
,
Transvaal
,
Suid-Afrika
,
1981
) was van September 1962 tot September 1968 kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisie.
Keevy ontvang sy skoolopleiding aan die
Gill-kollege
op sy tuisdorp en sluit op
7 Februarie
1929
by die polisie aan. Die polisiekantore waar hy met die jare gestasioneer was sedert sy opleiding aan die SAP-kollege, was Ganskuil, Boons, Rustenburg, Potchefstroom, Krugersdorp, Pietersburg, Ermelo, Heidelberg (Tvl.) en Durban, waar hy die kwartiermeester was.
Vyf jaar na aansluiting, gedurende 1934, verwerf hy kommissierang. In 1951 verwerf hy die graaf B.A. (Ekon.). In 1962, toe hy lt.genl. was, word hy aangestel as kommissaris van polisie, die laaste keer onder die vorige polisiebedeling dat iemand sonder die rang van generaal in die amp aangestel is. Op 23 September 1968, in die maand van sy aftrede, open hy die “nuwe” SA Polisiemuseum.
Hy het op 72-jarige leeftyd in die HF Verwoerd-hospitaal in Pretoria beswyk nadat hy vermoedelik 'n beroerte gehad het. Hy en sy vrou, Marthina Johanna Maria Stolz, het die laaste jare van sy lewe in
Lynnwood Manor
in Pretoria gewoon, maar sy is ’n jaar voor hom oorlede. Hulle is op
19 Desember
1936
in die huwelik bevestig. Sy begrafnisdiens is gelei uit die NG kerk Polisiekollege, waarna hy begrawe is in die Rebeccastraat-begraafplaas.
- Koningsmedalje
- SA Polisiester vir Verdienste
- SA Polisiemedalje vir Troue Diens
- Afrika-diensmedalje
- SA Polisiester vir Voortreflike Diens
- (
en
)
(
af
)
Nongqai
[dooie skakel]
. URL besoek op 17 Mei 2016.