Johannes Heesters
|
---|
|
Agtergrondinligting
|
---|
Geboortenaam
| Johan Marius Nicolaas Heesters
|
---|
Ook bekend as
| "
Jopi
" of: "
De Onsterfelijke Overgrootvader
"
|
---|
Gebore
| (
1903-12-05
)
5 Desember 1903
Amersfoort
,
Nederland
|
---|
Sterf
| 24 Desember 2011 (op 108)
Starnberg
,
Duitsland
|
---|
Genres
| Operette, revue, musiekblyspel
|
---|
Beroep(e)
| Sanger, akteur
|
---|
Instrumente
| Drum, panfluit, piano
|
---|
Jare aktief
| 1921 tot 2011
|
---|
Webwerf
| http://www.johannes-heesters.de
|
---|
Johannes "Jopie" Heesters
, eintlik
Johan Marius Nicolaas Heesters
(*
5 Desember
1903
in
Amersfoort
,
Nederland
; †
24 Desember
2011
in
Starnberg
,
Duitsland
[1]
) was 'n Nederlands-gebore akteur en sanger, wat sedert 1936 in
Duitsland
gewoon en gewerk het. Hy was beskou as die wereld se oudste aktiewe vertoonkunstenaar. Heesters het sy suksesse veral in die
Duitssprekende
wereld behaal en het
Oostenrykse
burgerskap aanvaar. Tot sy dood het hy in die Duitse deelstaat
Beiere
gewoon en is as die tweede oudste man in Duitsland beskou.
Opleiding en vroee suksesse
[
wysig
|
wysig bron
]
Johannes Heesters was die jongste van vier seuns van die koopman Jacobus Heesters en sy vrou Gertruida, gebore van der Hoevel. Na voltooiing van sy skoolloopbaan is Heesters as koopman opgelei, tog het hy op sy 16de verjaardag die besluit geneem om akteur te word. Nadat hy 'n opleiding as sanger en akteur ontvang het, het Heesters sy eerste aanstellings gekry. In 1921 het hy vir die eerste keer op die toneel gestaan en in 1924 'n ondersteunende rol in sy eerste rolprent, die stomfilm
Cirque Hollandais
(regisseur: Theo Frenkel) vertolk.
In Desember 1927 het Heesters 'n sangoudisie by Harry Frommermann, die stigter van die bekende sanggroep
Comedian Harmonists
, gedoen, maar het nie by die groep aangesluit nadat Frommermann verduidelik het dat hy in die volgende maande geen salaris sou kon betaal nie.
[2]
In 1930 het Heesters met die
Belgiese
aktrise Louise H. Ghijs getrou. Die huwelik het tot met Louise se dood in 1985 gehou. Uit die huwelik is twee dogters gebore, Wiesje Herold-Heesters ('n pianiste in
Wene
) en Nicole Heesters (aktrise in
Hamburg
).
In 1932 het Heesters sy eerste sangrol gekry en vervolgens in 'n verskeidenheid operettes opgetree. In 1934 het hy sy debuut aan die Weense
Volksoper
met Karl Millocker se
Bedelstudent
gemaak.
Heesters se loopbaan in die Nasionaalsosialistiese Duitsland
[
wysig
|
wysig bron
]
In 1936 het Heesters hom in Berlyn gevestig waar hy in talle operette- en musiekrolprente as hoofspeler opgetree het. Onder sy aanhangers het hy destyds die bynaam "Jopie" gekry.
[3]
Vanaf 1938 het hy vir die eerste keer die rol van graaf Danilo Danilowitsch in
Die Vrolike Weduwee
gesing ? 'n rol wat hy meer as 35 jaar lank sou vertolk en waarvan hy uiteindelik sy paraderol gemaak het.
Die Vrolike Weduwee
was
Adolf Hitler
se gunsteling-operette, en hy het in die 1930's verskeie opvoerings met die Nederlandse toneelster besoek. In 1939 het Heesters na 'n opvoering van die operette in Munchen se Gartnerplatz-teater Hitler se gelukwense ontvang.
[4]
Kritici verwyt Johannes Heesters dan ook oor sy aktiewe rol in die vermaaklikheidsbedryf van die "Derde Ryk". Alhoewel hy nooit openlik met die Nasionaalsosialistiese bewind gesimpatiseer het nie, het Heesters hom ook nie duidelik van die Nasionaalsosialistiese ideologie en die destydse Duitse beleid gedistansieer nie soos byvoorbeeld sy tydgenoot Hans Albers, 'n gewilde Duitse sanger en akteur. Heesters het nogtans nooit Duitse burgerskap aanvaar en ook nie by die Nasionaalsosialistiese Duitse Arbeidersparty aangesluit nie. Nog in 1938 het hy saam met 'n Joodse toneelgroep, wat uit Duitsland gevlug het, in Nederland opgetree.
Onder die gehore in sy geboorteland Nederland was Heesters minder gewild, en sommige kritici beskryf hom nie as 'n kunstenaar wat ter wille van sy loopbaan 'n meeloper geword het nie, maar eerder as 'n "kollaborateur" wat tydens die Duitse besetting van Nederland in diens van die Duitse Ryk gestaan het.
[5]
Daar is fotografiee wat Heesters tydens 'n besoek aan die
Dachau-konsentrasiekamp
in 1941 toon.
[6]
Die doelwit en afloop van hierdie besoek het steeds omstrede gebly ? Heesters was miskien net 'n besoeker, maar die moontlikheid bestaan dat hy as topkunstenaar opgetree het om vir vermaak van die kampwagters te sorg. In sy persoonlike herinneringe skryf Heesters: ?
Wir bekamen ein normales Haftlingslager gezeigt, oder was man sich darunter vorstellte
.“ ("Hulle het 'n gewone gevangenekamp vir ons gewys, of wat ons gedink het wat 'n gewone kamp sou wees.")
In Augustus 2006 het Heesters tydens sy optrede in 'n Duitse televisie-geselsprogram,
Beckmann
, nog eens ontken dat hy as kunstenaar in die kamp opgetree het: ?
Ich schwore es bei meiner Familie ? es ist nicht wahr!
“ ("Ek sweer by my gesin, dit is nie waar nie!")
[7]
Die publisis en regisseur Volker Kuhn het egter na bewering 'n getuie uit daardie tyd opgespoor wat ? soos hy beweer ? tydens Heesters se optrede vir SS-lede die gordyn oopgemaak het.
[8]
Heesters het 'n klagte by die
Landgericht Berlin
, 'n hof van die deelstaat Berlyn, teen hierdie uitlatings ingedien. Die klagte is op 16 Desember 2008 afgewys, en Volker Kuhn mag verder verslag oor Heesters se optrede voor die SS-wagters in die konsentrasiekamp doen aangesien die regter nie in staat was om nou nog die waarheid te bepaal nie.
[9]
27 vroeer onbekende foto's van Heesters se besoek vaan die konsentrasiekamp, wat in 2006 in 'n kelder in Munchen ontdek is, lewer moontlik die bewys dat Heesters nooit in die kamp gesing het nie ? geen enkele van die foto's toon hom op die verhoog nie.
[10]
Die geallieerde militere bewind van Duitsland het Heesters se rolprente na die oorlog nie as Nazi-propaganda geklassifiseer nie, maar nogtans vasgestel dat hulle deur die Nasionaalsosialistiese bewind ingespan is om die bevolking te vermaak en rustig te hou. Eers in die laaste jare van die 20ste eeu het nuwe inligting na vore gekom waarvolgens die Duitse minister van propaganda, Joseph Goebbels, Heesters met die aanmerking
Auslander
("buitelander") in 1944 op die sogenaamde
Gottbegnadeten-Liste
geplaas het ? 'n lys van akteurs wat volgens Goebbels van die grootste belang vir die Duitse filmproduksie was.“.
[11]
[12]
Loopbaan in die na-oorlogse tydperk
[
wysig
|
wysig bron
]
Na die oorlog kon Heesters voortgaan met sy loopbaan as sanger, en hy het in Wene,
Munchen
en Berlyn opgetree. Graaf Danilo se entreelied uit die operette
Die Vrolike Weduwee
van Franz Lehar,
Da geh' ich ins Maxim
, het danksy Heesters 'n immergroen-lied geword. Hierdie rol het Heesters tydens 1 600 opvoerings vertolk.
In 1953 het die regisseur 'n rol in die rolprent
Die Jungfrau auf dem Dach
aan Heesters gegee. In die 1960's en 1970's het hy in talle televisiefilms, tonele wat later uitgesaai is en ander programme opgetree. In 1978 het sy persoonlike herinneringe,
Es kommt auf die Sekunde an
, in boekvorm verskyn.
In 1992 het Heesters met die aktrise Simone Rethel getrou en het met haar tussen 1996 en die somer van 2001 in die toneelstuk
Ein gesegnetes Alter
("'n Geseende Ouderdom"), wat Curth Flatow vir hom geskryf het, opgetree. Die "Guinness Boek van Rekords" het hom in 1997 as die oudste aktiewe akteur ter wereld gelys wat in meer as 250 opeenvolgende opvoerings van 'n toneelstuk met 'n speeltyd van drie uur op die verhoog gestaan het.
In 2005 het Heesters saam met die Duitse Filmorkes Babelsberg uit
Potsdam
'n konsertreis begin en in sewe Duitse stede opgetree. Kort voor sy 102de verjaardag was hy die hoofgas by die 140-jaarfeesvierings van die
Staatstheater am Gartnerplatz
in Munchen. In Desember 2006 het hy saam met Katja Riemann as solis in verskeie opvoerings van die big band
The Capital Orchestra
se konsertprogram
Stars go swing
in die Admiralspalast in Berlyn gesing.
Heesters is vir sy musikale werk sewe keer met die
Bambi
-toekenning bekroon (1967, 1987, 1990, 1997, 2003, 2007 en 2008). In 2001 is hy vir sy lewenswerk met die televisiepry
Platin Romy
vereer. In 2004 het hy in
Keulen
vier keer die rol van die Here in Hugo von Hofmaansthal se bewerking van die Middeleeuse
Jedermann
vertolk. Tydens 'n gala-aand van die
Elbfestspiele Wittenberge
is die eretitel
Kammersanger
aan hom verleen. Sedert Augustus 2006 word die eerste uitstalling oor Heesters in die Berlynse
Akademie der Kunste
gehou. Heesters het die uitstalling met 'n liedere-aand geopen.
In die middel van 2008 het Heesters na meer as vier dekades vir die eerste keer weer in Nederland in sy geboortestad Amersfoort opgetree. Nog in die 1960's is hy in
Amsterdam
van die verhoog verjaag.
[13]
In 2008 het Heesters op die ouderdom van 104 jaar 'n ondersteunende rol in Til Schweiger se rolprent
1 1/2 Ritter ? Auf der Suche nach der hinreißenden Herzelinde
vertolk ? sy eerste verskyning op die silwerdoek na sy rol in
Otto ? Der Film
uit die jaar 1985. In Junie 2009 het Heesters in die "
Alte Schauspielhaus
" in
Stuttgart
in die toneelstuk
Jedermann
nog eens die rol van God vertolk.
In sy laaste jare het Heesters in die Opperbeierse landdistrik Starnberg gewoon. As gevolg van makulere degenerasie en
gloukoom
was hy byna volledig blind.
- Hierdie artikel, of gedeeltes daarvan, is uit die volgende Wikipedia-artikel vertaal:
Johannes Heesters
- ↑
spiegel.de:
Johannes Heesters ist tot
(
de
)
- ↑
Peter Czada/Gunter Große:
Comedian Harmonists. Ein Vokalensemble erobert die Welt
. Edition Hentrich, Berlyn: Edition Hentrich 1993, bl. 15.
ISBN 978-3-89468-082-4
- ↑
Johannes-Heesters-biografie
,
Who's Who Online
- ↑
Welt Online: Tod einer Show-Legende - "Jopie" Heesters' Welt war immer eine Scheinwelt
- ↑
Jurgen Trimborn: ?Johannes Heesters: Der Herr im Frack“
Geargiveer
7 Januarie 2009 op
Wayback Machine
,
Aufbau-Taschenbuchverlag
, Berlyn 2005
- ↑
Davon geht die Welt nicht unter
,
Streit um Heesters-Besuch in KZ Dachau
, Radio Berlin-Brandenburg, Aanlyn-nuus van 27 November 2008
- ↑
Johannes Heesters in die geselsprogram
Beckmann
,
ARD Das Erste
, 21 Augustus 2006
- ↑
Volker Kuhn tydens die toekenning van die
Deutschen Horbuchpreises 2007
Geargiveer
25 Desember 2007 op
Wayback Machine
vir sy oudioboek
?Hitler und die Kunstler ? Mit den Wolfen geheult“
Geargiveer
28 September 2007 op
Wayback Machine
, regstreekse radioprogram van die openbare Duitse uitsaaikorporasie WDR, 18 Maart 2007; sien ook die bespreking van die oudioboek
Stephan Goritz: ?Vergessen und verdrangt“
,
Deutschlandfunk
, 4 Desember 2006
- ↑
Historiker darf weiter von Heesters' SS-Auftritt sprechen
- ↑
Johannes Heesters: KZ-Besuch ohne Gesang?
In:
Spiegel Online Kultur
, 22 Augustus 2006
- ↑
Ernst Klee:
Das Kulturlexikon zum Dritten Reich. Wer war was vor und nach 1945
. Frankfurt am Main: S. Fischer 2007, bl. 227.
- ↑
Oliver Rathkolb:
Fuhrertreu und gottbegnadet. Kunstlereliten im Dritten Reich
, Wene 1991, bl. 177.
- ↑
BBC:
Nazi-era singer returns to stage
, 17 Februarie 2008
(
en
)