in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Johanna Luyt-Plomp
(
Nederland
,
1 September
1871
?
Kaapstad
,
27 Januarie
1931
) was 'n
Suid-Afrikaanse
musiekskrywer en komponis van Nederlandse herkoms.
Haar verloofde het reeds voor haar na Suid-Afrika gekom en was lid van die Mount Nelson-trio. Hy is in 1902 na Holland om met haar te trou. In 1915 tree sy toe tot die redaksie van
De Burger
en in dieselfde jaar word sy benoem tot onderwysers aan die Musiekkollege (later deel van die
Universiteit van Kaapstad
). Aan die inrigting was sy verbonde tot 1929 toe sy weens toenemende vermindering van haar sig, haar ontslag moes neem. Van haar hand het die volgende musiekwerke verskyn:
Algemene musiekleer
,
Die berg en die see
, met woorde deur
M.E.R.
(1925),
Die veldkinders
, sangspeletjies vir kinders deur
M.E.R.
(1925),
Die verlore speelmaat
: sangespeletjies vir kinders, eweneens met woord deur
M.E.R.
(1925).
Johanna Luyt het bekendheid verwerf vir die artikels oor musiek wat sy vir
Die Burger
geskryf het onder die skuilnaam Toonkunst.
- (
af
)
Nienaber, P.J.
Hier Is Ons Skrywers! Biografiese Sketse van Afrikaanse Skrywers
. Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel