Johan Maurits
(
Dillenburg
,
17 Junie
1604
?
Bergendaal
,
20 Desember
1679
), ook bekend as
de Braziliaan
, was van
1606
tot
1652
Graaf
en daarna tot 1679 vors van
Nassau-Siegen
en goewerneur-generaal van
Nederlands-Brasilie
.
Willem van Oranje
was die oom van sy vader.
Maurits is veral bekend as die verligte en suksesvolle bestuurder van Nederlands-Brasilie en as 'n meester van openbare betrekkinge het hy bewondering by sy tydgenote afgedwing met sy vele suksesse.
Nadat hy teruggekeer het van Brasilie het hy weer in diens getree van die Nederlandse State-Generaal en is gesekondeer in diens van die keurvors van
Brandenburg
, 'n groot bewonderaar van die
Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande
. In die middel van die sewentiende eeu was hierdie land die modernste staat ter wereld en die vooruitstrewende keurvors beskou die jong Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande in verskillende opsigte as voorbeeld vir moderne bestuur. En Johan Maurits was hierin sy mentor.
Maurits is in 1604 gebore by die Dillenburg-kasteel in
Hesse
,
Duitsland
, as seun van Jan VII van Nassau-Siegen en Margaretha van Holstein-Sonderburg. Die Nederlandse stadhouer
Maurits van Oranje
was sy peetvader. Toe hy drie was, erf sy vader die graafskap Siegen. Johan Maurits word daar groot en studeer in
Basel
en
Geneve
en aan die Ridderskool in
Kassel
. Hy tree as sestienjarige in diens van die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande en na 'n tydjie as adelbors, lei hy 'n paar suksesvolle militere veldtogte. Hierna tree hy in diens van die
Hollands-Wes-Indiese Kompanjie
Maurits was 33 toe hy in
Pernambuco
,
Brasilie
, aan land gaan as goewerneur en hy verdryf die
Portugese
suksesvol. Die Wes-Indiese Kompanjie was van plan om die besitting sover moontlik te melk, maar die goewerneur wou meer daarvan maak. Stadhouer
Frederik Hendrik van Oranje
, 'n oom van Maurits, sou selfs beweer dat hy na sy eie ryk in
Suid-Amerika
gestreef het. Uit sy bestuur het sy liefde vir Brasilie geblyk. Hy het
Mauritsstad
gestig, 'n pragtige paleis gebou, 'n soort parlement ingevoer,
suikerrietproduksie
gestimuleer en die land teen invallers beveilig. In
1641
het hy 'n verdrag met die Portugese gesluit, maar dit sou nie lank hou nie.
In daardie jare het Europese heersers onderskeid getref tussen christelike en heidense volke. Heidene is verwerp as onbekeerbaar, so kon sterf aan die swaard. 'n Deel van die indianebevolking van Brasilie is deur Maurits (en die Portugese voor hom) gereformeer. Hierdie mense het Maurits as 'n ware Brasiliaan beskou en hom verkies om hulle te bestuur, want hy het hulle menslik behandel. Hy het ook nie sy troepe teen die onbekeerbares uitgestuur nie, maar sy skilders
Frans Post
en
Albert Eckhout
om hulle te skilder.
Maurits se rol in die opkomende Pruise
[
wysig
|
wysig bron
]
Maurits en die Pruisiese prins
Frederik Willem
, die seun van die keurvors van
Brandenburg
, het mekaar leer ken terwyl die prins van
1634
tot
1638
aan die hof in
Den Haag
gebly het. Voordat Maurits se Brasiliaanse avontuur begin het, het die twee mekaar beter leer ken by die
beleg van Schenkenschans
, 'n oninneembaar geagte vesting in die
Ryn
naby
Millingen
, in 'n poging om die vesting van die
Spanjaarde
te herower. Frederik Willem was troonopvolger in 'n periode wat Brandenburg nog opkomend was en nog weinig gehad het van die magtige Pruisiese staat wat dit later sou word. In teendeel, Brandenburg sou in die
Dertigjarige Oorlog
(1618?1648) byna volledig verwoes word.
Toe hulle mekaar by
Millingen
ontmoet, het dit met beide swaar gegaan en dit het 'n band tussen hulle geskep:
Maurits het nie 'n sent op sy naam gehad nie. Hy was in die skuld by die Amsterdamse Leningsbank en sou later ook bekend wees by die Joodse finansiers Abraham Cohein in Amsterdam en Elias Gomperts in
Kleef
.
Frederik Willem het 'n swakkeling vir 'n vader gehad wat moes toesien hoe Brandenburg eers deur
Swede
geplunder is en daarna deur die troepe van die Duitse keiser en ten slotte deur sy eie leer, wat lang tye sonder soldy moes bly. Toe Frederik Willem as 20-jarige in
1640
sy vader opvolg, moes die herbou van die land begin.
Ag jaar na sy troonsbestyging kom daar eers 'n einde aan die Dertigjarige Oorlog. Frederik Willem was by die
Vrede van Munster
wat vir hom gunstig uitgewerk het. Hy het 'n goeie uitgangsposisie gehad, met die dat die
Hohenzollern
in 1648 'n staat gehad het wat bestaan het uit vyf geografies sterk geskeide gebiede. Toe Frederik Willem keurvors word, word hy terselfdertyd markgraaf van Brandenburg, hertog van Pruise,
Pommeren
,
Maagdenburg
en
Kleef
, graaf van die Mark, vors van
Minden
en van
Halberstadt
.
As die keurvors van die een na die ander ryksdeel wou reis, moes hy dit via die grondgebied van 'n ander vors doen. In al die ryke het hy te make gekry met ander reels. Oral probeer die plaaslike adel hulle vryheid verdedig en indien moontlik te vergroot ten koste van die vors. Teen hierdie agtergrond kom Johan Maurits, graaf van Nassau-Siegen, die ou vriend uit die tyd van die beleg van Schenkenschans, op die Pruisiese toneel.
Die keurprins begin bou met enorme ywer aan sy land, aanvanklik sonder te veel sigbare sukses. Die ander
Europese
vorstehuise het effe spottend op sy hervormings neergesien. Die keurvors het begin steun op Maurits, 'n man wat die wereld geken het en in
Suid-Amerika
reeds 'n ryk gestig het.
Die keurvors benoem hom in
1647
tot sy stadhouer in die state Kleef en Mark. Die adelstand van beide lande aanvaar die benoeming in
1649
, maar nie sonder ontevredenheid nie. Met die feit dat die keurvors iemand benoem het wat nie uit Kleef of Mark afkomstig was nie kon die adel nog saamleef, maar dat die keurvors hom verbied het om homself met 'n eed van respek tot hulle ou regte te verplig, vind hulle vir 'n lang tyd onverteerbaar. Net soos in Brasilie het Johan Maurits egter mettertyd suksesvol daarin geslaag om aanvaarding van sy gesag deur sy onderdane te verkry.
Pruise het in die voorgaande eeue deur toeval, voordelige huwelike en erfprosedures, verowering, asook goeie diplomatieke manoeuvres, vanaf 'n tweetal nietige vorstedommetjies in die middel van die huidige
Duitsland
en die noorde van
Pole
gegroei tot 'n middelgroot land in Europa. Dit was in belangrikheid vergelykbaar met
Sakse
, maar nie met Pole of
Frankryk
of met die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande nie.
Politieke bestuur in Kleef
[
wysig
|
wysig bron
]
Maurits was bekend vir 'n politiek van religieuse toleransie. Hy was self 'n
calvinis
, maar katolieke kon in
Kleef
bly woon en ook Jode is toegelaat. Daarnaas begin hy met ingrypende landskapsveranderinge. Daarvoor laat kom hy sy ou kennis,
Jacob van Campen
na Kleef. By sy paleis, Haus Freudenberg, en op ander plekke rondom die stad Kleef laat Johan Maurits pragtige parke met kanale, fonteine en stervormige stelsels van lane in die reeds bestaande bosse aanle.
Hy het wetenskap, kuns en kultuur bevorder. Die meeste van die bouwerke, bestuursgeboue en ook sy eie wonings, het in die
Tweede Wereldoorlog
ten gronde gegaan, maar die pragtige park aan die voet van die
Sternberg
staan nog in sy volle glorie. Ook die beroemde Nassauerallee, 'n lindelaan, bestaan nog. Maurits bestel kort na sy indienstreding 600 lindebome uit Holland. Dit maak so ’n indruk op die keurvors, dat hy dieselfde wil doen in Berlyn, wat lei tot die
Unter den Linden
. En die
Tiergarten
word aangele na die voorbeeld van die Parkanlagen in Kleef.
Omdat Johan Maurits en die keurvors vriende was kry hy die opdrag om te bemiddel tussen die Kleefse adel en die keurvors. Hy was daarin redelik suksesvol, maar dit blyk tog moeilik om die partye bymekaar te bring. Daarby ontstaan daar soms ook spanning tussen die keurvors en Maurits.
'n Laagtepunt is in
1655
bereik, toe Frederik Willem sy skoonmoeder Amalia van Solms, die weduwee van Frederik Hendrik, na Kleef gestuur het om met die adelstand van Kleef en Mark te onderhandel. Dit het ook die goeie verhouding tussen Amalia en Johan Maurits versteur.
Louise Henriette van Nassau
[
wysig
|
wysig bron
]
Die keurvorstin Louise Henriette van Nassau het ook 'n groot rol gespeel, in samewerking met Maurits, in die klassistiese ontwikkeling van Brandenburg. Louise Henriette was 'n dogter van Frederik Hendrik, wat Frederik Willem leer ken het toe hy aan die hof in Den Haag was, maar toe was sy nog 'n jong meisie. Toe die dogter van die koning van Swede 'n huwelik met hom weier, trou Frederik Willem in die Noordeinde-paleis met sy jeugliefde Louise Henriette. Die eerste jare woon die paar in Kleef, waar Maurits stadhouer was, en later die grootste deel van die tyd in
Berlyn
. Die Hollandse prinses laat deur haar eie argitekte die
slot Oranienburg
bou en bring so die Hollandse klassisisme oor na Brandenburg. Maurits het die keurvors geadviseer met die aanstelling van argitekte, vestingbouers, skilders, beeldhouers en handwerkers vir die hof in
Potsdam
.
Modernisering van Pruise
[
wysig
|
wysig bron
]
Maurits het die Hollandse modernisme uitgedra in die opkomende Pruise. In
1671
lok Frederik Willem die
Hugenote
wat na die
Edik van Nantes
uit Frankryk gevlug het na Pruise om sodoende Wes-Europese intellektuele en vaardighede na Pruise te lok. Dieselfde geld vir Jode, wat hulle na betaling van 'n som geld in Pruise mag gevestig het. Die keurvors handel dus na die voorbeeld van die tolerante regime van Maurits in Brasilie. Hugenote en Jode het hulle veral in Berlyn gevestig.
Maurits se rol in Pruisiese diplomasie en kolonialisme
[
wysig
|
wysig bron
]
Op voorspraak van die keurvors word Maurits in 1652 verhef tot ‘vors’ van die Pruisiese Ryk en in dieselfde jaar tot grootmeester van die protestantse Johannieterorde in Brandenburg. 'n Erefunksie, maar ook hierdie taak gryp die 'Braziliaan' entoesiasties aan en hy begin dadelik met die bou van 'n nuwe hoofkwartier in
Sonnenberg
in vandag se
Pole
. Maurits behou egter kontak met die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande waar hy sy militere funksies behou.
In die voorjaar van
1657
het Maurits saam met honderde edelmanne, soldate, bediendes en amptenare in sy gevolg na
Frankfurt
vertrek in tientalle pragtig met goud en silwerbeslaande versierde oranje en groen koetse. Maurits was deur die keurvors uitverkies om daar namens hom te stem in die keuse van die nuwe Duitse keiser. Die topdiplomaat staan op
5 Augustus
1658
vooraan by die kroning van die keiser,
Leopold die Eerste
.
Frederik Willem het besef dat Pruise met sy ligging aan die
Oossee
deur Swede bedreig is en dus (ook vir nasionale glorie) 'n vloot nodig gehad het. Hy gaan in sy drif om die groot moondhede te na-aap selfs so ver dat hy in
Afrika
'n kolonie stig. In
1680
vertrek twee fregatte uit die hawe van
Emden
onder die rooi adelaar van Pruise en lui die begin van die Pruisiese slawehandel in. Johan Maurits het hom in Brasilie ook vlytig
daarmee
besiggehou. Maar die Pruise het geen seevarende nasie geword nie, al het Frederik Willem tientalle skepe van die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande bestel. Die
Pruisiese Afrika Kompanjie
sou nooit winsgewend word nie en
Groß-Friedrichsburg
aan die
Guinese
kus word uiteindelik verkoop aan die Hollanders.
Militere ontwikkeling van Pruise
[
wysig
|
wysig bron
]
Die goeie trou tussen
Litaue
en Pruise was besig om te taan en daarom was 'n beroepsleer nodig (daar is destyds baie op huursoldate staat gemaak). Frederik Willem vorm dus 'n staande leer, wat uiteindelik 24 000 man sou omvat en die meeste vyande sou afskrik.
So ’n enorme leer was vir die klein staat slegs haalbaar as dit 'n goeie belastingstelsel gehad het. Daarmee het die plaaslike adel uiteindelik mee akkoord gegaan, maar dan moes die belastinggaarders onkreukbaar wees. Ook hiermee het Maurits geadviseer. In Kleef het hy eweneens gereeld nadruk gele op eerlike amptenare en waar dit aan helderheid ontbreek het kon hy geweldig moeilik raak.
In die jare vyftig van die sewentiende eeu was die verhouding tussen die state, deels as gevolg van die
Eerste Stadhouerlose Tydperk
(1650?1672), en Johan Maurits koel. Tog word die strateeg later weer opgeroep.
In 1665 lei hy in
Friesland
die staat se troepe teen
Bernhard von Galen
, die biskop van
Munster
. By geleentheid val hy saam met enkele ander ruiters deur 'n brug in
Franeker
. Dit was Januarie en yskoud, maar hy het lewendig daarvan afgekom. Daarna word daar 'n dankdiens gehou in die gereformeerde kerk in Franeker. Dit sou maande duur voor Maurits ten volle herstel nadat hy die dood in die oe gestaar het.
In
1668
word hy tydens die dreigende stryd met
Frankryk
opnuut veldmaarskalk en hy was in
1672
die vernaamste raadgewer van
Willem III
.
Sy goeie verhouding met die keurvors van Pruise en tegelykertyd met die Hollandse stadhouers, het van Maurits 'n suksesvolle brugbouer tussen die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande en Pruise gemaak. Daar was wel soms spanning gewees, maar nooit sprake van 'n oorlog nie.
Maurits is oorlede in Desember 1679, in Berg en Dal naby Kleef. Hy was nooit getroud nie. Sy biografie, Rerum in Brasilia et alibi gestarum, geskryf deur
Casparus Barlaeus
, is in 1647 gepubliseer.