in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jacques Freitag
(*11 Junie 1982,
Warrenton
) is ’n Suid-Afrikaanse hoogspringer. Hy is een van slegs sewe atlete (saam met
Valerie Adams
,
Usain Bolt
,
Veronica Campbell-Brown
,
Yelena Isinbayeva
,
Jana Pittmann
en
Dani Samuels
) wat die wereldkampioenskap in ’n item op jeug- junior- en seniorvlak kon wen. Sy persoonlike beste hoogte was 2.38 meter.
Freitag, wat in
Bronkhorstspruit
grootgeword het, se ma, Helena Pieters, was in 1973 ook die Suid-Afrikaanse hoogspringkampioen met ’n persoonlike beste van 1.74 meter. Freitag het sy opvoeding aan die Laerskool Du Preez Van Wyk,
Afrikaanse Hoer Seunskool
en die
Universiteit van Pretoria
ontvang.
IAAF
-profiel vir
Jacques Freitag