Ironie
, in die breedste sin van die woord, is 'n retoriese middel,
literere tegniek
of gebeurtenis waarin dit wat op die oppervlak plaasvind, radikaal verskil van dit wat in werklikheid die geval is. Ironie kan in drie kategoriee verdeel word, naamlik
verbaal
,
dramaties
, en
situasioneel
.
Ander vorms, soos deur die historikus Connop Thirlwall geidentifiseer, sluit dialektiese en praktiese ironie in.
Henry Watson Fowler skryf in
The King's English:
"Enige definisie van ironie?alhoewel honderde verskaf mag word en net enkeles aanvaar sou word?moet insluit dat die bolangse betekenis en die onderliggende betekenis van dit wat gese word, nie dieselfde is nie." Verder skryf Eric Partridge in
Usage and Abusage
dat "ironie daarin bestaan dat die teenoorgestelde gese word van dit wat bedoel word."
Volgens die
Encyclopædia Britannica
het
die term ironie by die Griekse komiese karakter
Eiron
ontstaan, 'n slim outjie wat aan die kortste ent getrek het, maar sy skerpsinnigheid gebruik het om herhaaldelik oor die bombastiese karakter, Alazon, te triomfeer.
Volgens Richard Whately het
Aristoteles
van die term
Eironeia
melding gemaak. Dit was nie soseer 'n aanduiding dat die teenoorgestelde gese word van wat bedoel word nie, maar het eerder na gevalle verwys wanneer daar "minder gese is as wat bedoel word."
[1]
Die woord het sy verskyning in die 16de eeu as 'n
stylfiguur
in Engels gemaak, soortgelyk aan die Franse
ironie
. Dit is afgelei van die Latynse
ironia
en oorspronklik van die Griekse
ε?ρωνε?α
eir?neia, wat onder andere
geveinsdheid
beteken.
[2]
Verbale ironie
is 'n stelling waarin die betekenis wat 'n spreker oordra, heeltemal verskil van die betekenis wat oenskynlik uitgedruk word. Die ironiese stelling behels gewoonlik die eksplisiete uitdrukking van een gesindheid of waarneming, maar met aanduidings in die algehele spraaksituasie dat die spreker 'n ander, en dikwels teenoorgestelde betekenis wil oordra.
[3]
Verbale ironie word van situasionele en dramatiese ironie onderskei daarin dat dit
doelbewus
deur sprekers aangewend word.
Ironiese
vergelykings
is 'n vorm van verbale ironie waar sprekers die teenoorgestelde wil kommunikeer van wat hulle bedoel. Die volgende eksplisiete vergelykings begin byvoorbeeld met 'n misleidende vorm van 'n stelling wat
A
beteken, maar uiteindelik 'n
nie A
-betekenis oordra:
- so sag soos beton
- so aangenaam soos 'n wortelkanaal
Die ironie in bogenoemde stellings word slegs duidelik wanneer kennis van die bronkonsepte (m.a.w. dat 'n beton hard is, dat 'n wortelkanaal pynlik is) aangewend word om 'n teenstrydigheid uit te ken.
Verbale ironie en sarkasme
[
wysig
|
wysig bron
]
Daar bestaan heelwat verwarring rondom die verhouding tussen verbale ironie en
sarkasme
.
In Fowler se
A Dictionary of Modern English Usage
lees ons:
Sarkasme behels nie noodwendig ironie nie, en ironie het dikwels nie 'n tikkie sarkasme nie.
Die twee konsepte hou dus verband, maar moet afsonderlik bestudeer word.
In die
The Psychology of Humour
stel die sielkundige Martin dit duidelik: ironie is waar "die letterlike betekenis die teenoorgestelde van die beoogde betekenis is" en sarkasme is "aggressiewe humor wat spot".
[4]
Hy verskaf die volgende voorbeelde: vir ironie gebruik hy die stelling: "Wat 'n mooi dag" wanneer die reen. Vir sarkasme verwys hy na 'n insident waarin
Winston Churchill
, nadat Bessie Braddock vir hom gese het dat hy dronk is, geantwoord het: "Maar ek sal more nugter wees, en jy sal nog steeds lelik wees". Alhoewel hy sarkasties was, het hy nie die teenoorgestelde gese van wat hy bedoel het nie.
Verbale ironie en eggoiese toespeling
[
wysig
|
wysig bron
]
Eggoiese toespeling is die hoofkomponent in die oordrag van verbaal ironiese betekenis. Dit kan die beste beskryf word as 'n
spraakhandeling
waardeur die spreker 'n gedagte, oortuiging of idee voorstel, en hierdie idee tegelykertyd implisiet aan iemand anders toeskryf wat verkeerd of mislei is. Op hierdie manier dissosieer die spreker homself van die idee en kommunikeer hy sy onuitgesproke meningsverskil.
Net soos ander vorms van verbale ironie steun eggoiese toespeling op semanties verhelderende leidrade om korrek geinterpreteer te word. Hierdie leidrade is dikwels in die vorm van paralinguistiese merkers soos prosodie (maat en ritme), stemtoon of toonhoogte,
[5]
sowel as nieverbale leidrade soos handgebare, gesigsuitdrukking en oe.
[6]
Hierdie soort ironie kom voor wanneer die toeskouer sekere inligting ontvang waarvan minstens een van die karakters in die narratief onbewus is. Die kyker het dus 'n voorsprong op minstens een van die karakters.
Byvoorbeeld:
- In
City Lights
weet die kykers dat
Charlie Chaplin
se karakter nie 'n miljoener is nie, maar die blinde blommeverkoopster (Virginia Cherrill) glo dat hy ryk is.
[7]
- In
The Truman Show
weet die kyker dat Truman op 'n televisieprogram is, maar Truman besef dit eers met verloop van tyd.
- [8]
- In
Romeo and Juliet
dink die meeste karakters dat Juliet dood is, maar die gehoor weet dat sy net 'n slaapdrankie geneem het. Romeo verkeer onder dieselfde wanindruk wanneer hy homself doodmaak.
[9]
Tragiese ironie is 'n spesiale kategorie van dramatiese ironie. In tragiese ironie word die karakters se woorde en optrede deur die werklike situasie weerspreek, en die kykers is ten volle bewus daarvan. Die Oxford English Dictionary definieer dit as:
die strydigheid wat ontstaan wanneer die (tragiese) betekenis van 'n karakter se woorde of optrede aan die gehoor geopenbaar word, maar onbekend is aan die betrokke karakter, 'n literere tegniek wat oorspronklik in Griekse tragedies gebruik is.
Antieke Griekse dramas
is in die besonder deur tragiese ironie gekarakteriseer, want die gehoor was reeds vertroud met die
legendes
wat in die meeste dramas gedramatiseer is. Colebrook skryf:
Tragiese ironie is by uitstek in antieke dramas aangewend … Die gehoor het die drama sien ontvou, reeds bewus van die voorafbestemde uitkoms … In Sofokles se
Oedipus the King
, kan "ons" (die gehoor) byvoorbeeld sien waarvoor Oedipus blind is. Die man wat hy vermoor, is sy pa, maar hy weet dit nie.
[10]
Dit is 'n relatief moderne gebruik van die term en beskryf 'n teenstrydigheid tussen die verwagte resultaat en werklike resultaat in 'n sekere situasie.
Byvoorbeeld:
- In John Hinckley se sluipmoordpoging op
Reagan
het al sy skote die president aanvanklik gemis; een van die koeels het egter van die koeelvaste presidensiele limousine opgeslaan en Reagan in die bors getref. 'n Voertuig wat dus vervaardig is om die president teen koeels te beskerm, het dus indirek veroorsaak dat die president geskiet is.
[11]
[12]
- In O. Henry se verhaal "The Gift of the Magi" is 'n jong paartjie te arm om vir mekaar Kersgeskenke te koop. Die vrou sny haar lieflike hare om aan 'n pruikmaker te verkoop sodat sy vir haar man 'n ketting vir sy erfstuk- sakhorlosie kan koop. Sy geskok wanneer sy uitvind dat hy sy horlosie verpand het om vir haar 'n stel kamme vir haar lieflike, lang hare te koop. Die dubbele ironie bestaan in die spesifieke manier waarop hulle verwagtings verydel is."
[13]
Kosmiese ironie (ironie van die noodlot)
[
wysig
|
wysig bron
]
Die uitdrukking kosmiese ironie of "ironie van die noodlot" stam uit die idee dat die gode (of die
skikgodinne
) hulleself vermaak deur op ironiese wyse doelbewus met mense se koppe smokkel. Baie soos situasionele ironie, ontstaan dit uit skerp kontraste tussen die realiteit en menslike ideale, of tussen menslike bedoelinge en werklike resultate. Die voortspruitende situasie is pynlik teenstrydig met wat verwag of bedoel is.
Wanneer daar met moderne oe na die geskiedenis gekyk word, is daar dikwels skerp kontraste tussen die manier waarop historiese figure hulle wereld se toekoms gesien het, en dit wat uiteindelik gebeur het. Gedurende die 1920's het
The New York Times
herhaaldelik minagtend oor
blokkiesraaisels
geskryf. In 1924 betreur die koerant die "verkwisting in die vrugtelose opsoek van woorde waarvan die letters in 'n bepaalde patroon pas." In 1925 het hulle geskryf: "Die vraag of blokkiesraaisels voordelig of nadelig is, vereis nie 'n dringende antwoord nie. Die gier is duidelik vinnig besig om oor te waai." Vandag is die
The New York Times
by uitstek die koerant wat met blokkiesraaisels geassosieer word.
[14]
In 'n meer tragiese voorbeeld van historiese ironie het
H.G. Wells
die oorlog wat vandag as die
Eerste Wereldoorlog
bekendstaan, beskryf as "die oorlog wat alle oorloe sal beeindig".
[15]
Historiese ironie is dus 'n ondergroep van kosmiese ironie, maar een waarin die element van tyd 'n rol moet speel.
Buskruit is volgens akademiese konsensus in die 19de eeu deur Chinese alchemiste ontdek terwyl hulle na 'n lewenselikser gesoek het.
[16]
Historiese ironie sluit ook uitvinders in wie se dood uiteindelik deur hulle eie uitvindsels veroorsaak is.
Ander prominente voorbeelde van uitkomste wat terugskouend duidelik in stryd met die verwagting was, sluit in:
- John F. Kennedy
se laaste gesprek is ironies in die lig van die gebeure wat sekondes later afgespeel het. Gedurende die motoroptog deur Dallas het mev. Connolly opgemerk: "Meneer die President, u kan nie se dat Dallas nie mal oor u is nie," waarop Kennedy geantwoord het: "Dis baie duidelik." Hy is oomblikke later noodlottig gewond.
[17]
- In 1974 moes die Amerikaanse Kommissie vir Produkveiligheid 80 000 van hulle eie lapelknopies wat "speelgoedveiligheid" bevorder, herroep aangesien die knopies skerp kante gehad het, met loodverf afgewerk is, en klein knippies gehad het wat maklik kon afbreek en gevolglik ingesluk kon word.
[18]
- Die rietpaddas wat deur Australie ingevoer is om die rietkewers se getalle te beheer, het nie net daarin gefaal nie, maar die paddas self het uiteindelik 'n baie groter pes geword.
Historiese ironie is dus 'n ondergroep van kosmiese ironie, maar een waarin die element van tyd 'n rol moet speel.
- ↑
Whately, R.
Rhet. in Encycl.
- ↑
Oxford English Dictionary
- ↑
Abrams, M. H., & Harpham, G. G.,
A glossary of literary terms
, 9th Ed., Wadsworth Cengage Learning, 2009.
- ↑
Martin, R. A.,
The Psychology of Humor: An Integrative Approach
, Elsevier Academic Press, 2007. p. 13.
- ↑
Bryant, Gregory A., and Jean E. Fox Tree.
- ↑
Gonzalez-Fuente, Santiago, Victoria Escandell-Vidal, and Pilar Prieto.
- ↑
Clausius, C.,
The gentleman is a tramp: Charlie Chaplin's comedy
, P. Lang, 1989, p. 104.
- ↑
Adams, A.,
Parallel Lives of Jesus: A Guide to the Four Gospels
, Presbyterian Publishing Corp, 2011, p. 30.
[1]
- ↑
William, J.,
Cliffs Complete Romeo and Juliet
, Houghton Mifflin Harcourt, 2009, pp. 135, 169, 181.
[2]
- ↑
Colebrook, Claire.
- ↑
The Trial of John W. Hinckley, Jr.
Geargiveer
3 Augustus 2002 op
Wayback Machine
by Doug Linder. 2001 Retrieved 9 September 2008.
- ↑
Horberry, R.,
Sounds Good on Paper: How to Bring Business Language to Life
, A&C Black, 2010. p. 138.
[3]
- ↑
Gibbs, W. G., & Colston, H. L.,
Irony in Language and Thought: A Cognitive Science Reader
, Routledge, 2007, p. 59.
[4]
- ↑
Wordplay
- ↑
Wells, H.G.,
The war that will end war
, 1914.
- ↑
Jack Kelly
Gunpowder: Alchemy, Bombards, and Pyrotechnics: The History of the Explosive that Changed the World
, Perseus Books Group: 2005,
ISBN 0-465-03722-4
, 9780465037223: pp. 2?5
- ↑
"Last words of presidents"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 31 Julie 2012
. Besoek op
27 Februarie
2017
.
- ↑
Wall Street Journal
, December 3, 2007, Page B1:
It Dawned on Adults After WWII: 'You'll Shoot Your Eye Out!'
- "
The final irony
"?a
Guardian
article about irony, use and misuse of the term
- Article on the etymology of Irony
Geargiveer
8 Maart 2005 op
Wayback Machine
- "Irony", by Norman D. Knox
, in
Dictionary of the History of Ideas
(1973)
- "
Sardonicus
Geargiveer
13 Augustus 2015 op
Wayback Machine
"?a web-resource that provides access to similes, ironic and otherwise, harvested from the web.
- Excerpt on dramatic irony from Yves Lavandier's Writing Drama
Writing Drama
has a 52-page chapter on dramatic irony (with insights on the three phases (installation-exploitation-resolution), surprise, mystery, suspense, diffuse dramatic irony, etc.)
- "American Irony"
Geargiveer
3 September 2010 op
Wayback Machine
compared with British irony, quoting Stephen Fry
- American and British irony
compared by
Simon Pegg
- Modern example of ironic writing
- Irony definition by Baldrick (BlackAdder)