Irkoetsk-oblast
Иркутская область
|
|
Die ligging van Irkoetsk-oblast in Rusland.
|
Politieke status
|
Land
|
Russiese Federasie
|
Federale distrik
|
Siberiese
|
Ekonomiese streek
|
Oos-Siberiese
|
Stigting
|
26 September
1937
|
Regering
|
Hoofstad
|
Irkoetsk
|
Leier
|
Sergei Jerosjtsjenko
|
Amp
|
Goewerneur
|
Wetgewer
|
Wetgewende Vergadering
|
Bevolking
|
Sensus
|
2010
|
Totaal
|
2 428 750
|
Volgorde
|
20ste
|
Digtheid
|
3,16/km²
|
Stedelik
|
79,6%
|
Plattelands
|
20,4%
|
Statistiek
|
Oppervlakte
|
767 900 km²
|
Volgorde
|
5de
|
Tydsone
|
UTC+09:00
|
Registrasienommer
|
38
|
Amptelike tale
|
Russies
|
Webtuiste
|
http://www.govirk.ru/
|
Wapen en vlag
|
|
|
Irkoetsk-oblast
(
Russies
: Ирку?тская о?бласть,
Irkoetskaja oblast
) is ’n
deelgebied
van
Rusland
. Dit le in die
Siberiese Federale Distrik
in die stroomgebied van die Angara-,
Lena
- en Nizjnjaja Toengoeskarivier. Die hoofstad is
Irkoetsk
. Die oblast het in 2010 ’n bevolking van 2 428 750 gehad.
[1]
Platsteengraf-monumente is in Noord-, Midde- en Oos-
Mongolie
,
Binne-Mongolie
, Noordwes-
China
, en dele van die
Baikalmeergebied
gevind. Die kultuur was eie aan die
Mongole
van destyds.
[2]
[3]
Die Xiongnu-ryk (209 v.C. tot 93 n.C.) het oor die gebied van die suidelike Irkoetsk-oblast regeer en Mongoolse geleerdes glo die Xiongnu was ’n Mongoolse staat, maar sommige ander dink dit was ’n
Turkse
staat.
[4]
Van die begin van die
9de eeu
tot die
13de eeu
het die Khori-Tumed-Mongole naby die westelike oewer van die Baikal gewoon. Hulle was die belangrikste inwoners van Suid-Irkoetsk en Suidwes-
Boerjatie
.
[4]
In 1207 het
Djengis Khan
die Khori-Tumed verower en van die volke suid geskuif; van hulle het hulle gevestig in wat nou Binne-Mongolie is. Daarna het Mongoolse woudstamme in die gebied gewoon.
[4]
In die 13de eeu het die
Mongoolse Ryk
die Baikalmeer en Irkoetsk verower. Die
Russiese Keiserryk
het sedert die
17de eeu
suid na die gebied uitgebrei. Teen die einde van die eeu is
kloosters
by Irkoetsk, toe nog ’n klein dorp, gebou en voorstede en landbounedersettings is gestig.
Toe Rusland in die
18de eeu
oos uitbrei, het Irkoetsk die hoofstad van groot gebiede van die
Jeniseirivier
tot by die
Stille Oseaan
geword en ’n belangrike rol gespeel in die verkenning en verowering van die uitgestrekte Oos-Siberiese en Verre-Oostelike gebiede van Rusland. Irkoetsk het toe ’n belangrike vervoer- en handelstad geword, asook die hoofstad van ’n vyfde van die provinsies van Siberie.
In 1898 is die eerste spoorlyn (deel van die
Transsiberiese Spoorlyn
) in die oblast gebou an dit het verder bygedra tot die stad se uitbreiding.
Irkoetsk is beskadig en beinvloed deur die groot politieke gebeurtenisse van die
20ste eeu
? die
Russiese Rewolusie
van 1917, die
Russiese Burgeroorlog
en die
Tweede Wereldoorlog
. Die
industrialisasie
van die stad het in die 1930's begin. Talle fabrieke en ’n universiteit is onder meer gebou.
Irkoetsk-oblast grens in die suide en suiweste aan
Boerjatie
en
Tiwa
, in die weste aan
Krasnojarsk-krai
, in die noordooste aan
Sacha
en in die ooste aan
Zabaikalski-krai
.
Irkoetsk-oblast bestaan hoofsaaklik uit die heuwels en bree valleie van die
Sentraal-Siberiese Plato
. Die beroemde Baikalmeer is in die suidooste van die oblast gelee. Die
Angararivier
loop uit die meer en van daar noord deur die gebied. Die
Lenarivier
loop ok uit die Baikal en vloei noordoos na die naburige Sacha.
Die klimaat wissel van warmsomer-kontinentaal in die suide tot kontinentaal-subarkties in die noorde. Vir feitlik die helfte van die jaar, van middel Oktober tot begin April, is die gemiddelde temperatuur onder
vriespunt
. Die winters is baie koud, met ’n gemiddelde hoogste temperatuur in Januarie in Irkoetsk van
-14,9 °C
en ’n gemiddelde lae temperatuur van
-25,3 °C
. Die somers is warm, maar kort: die gemiddelde hoe temperatuur in Julie is
24,5 °C
en die gemiddelde laagste temperatuur
11,2 °C
.
[5]
[6]
Julie is die natste maand van die jaar, met sowat 96,2 mm reen.
[7]
Die hoofnywerhede van die oblast is
metale
,
energie
,
hout
,
olie
,
brandstof
,
masjienbou
,
chemikaliee
,
voedsel
en
hidroelektrisiteit
.
Die oblast is baie yl bevolk, met ’n bevolkingsdigtheid van 3,5 mense per vierkante kilometer, in vergelyking met die nasionale gemiddeld van 8,7.
Bevolking: 2 428 750
[1]
Etnisiteit:
- Russe
93,5%
- Boerjate 3,3%
- Ander 3,2%
- ↑
1,0
1,1
Russiese Staatstatistiekdiens (2011).
"Всероссийская перепись населения 2010 года. Том 1; Russiese Bevolkingsensus 2010, Vol. 1"
(in Russies).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2020
. Besoek op
29 Junie
2012
.
- ↑
N.Navaan,
Bronze Age of Eastern Mongolia
- ↑
History of Mongolia
, vol. I, 2003
- ↑
4,0
4,1
4,2
History of Mongolia
, vol. II, 2003
- ↑
Irkoetsk: maksimum temperature
- ↑
Irkoetsk: minimum temperature
- ↑
Irkoetsk: reenval
Koordinate
:
57°22′N
106°00′O
/
57.367°N 106.000°O
/
57.367; 106.000