in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
International Revelation Congress (IRC)
is 'n
Limpopo
-gebaseerde Suid-Afrikaanse politieke party wat in 2013 gestig is.
Die party het saamgesmelt met
Agang
om die 2014 algemene verkiesing te betwis. Na die probleme in daardie party het die IRC aan die munisipale verkiesings van 2016 deelgeneem met die doel om die
Thulamela Plaaslike Munisipaliteit
"te red" (waar dit sewende geeindig het, en een setel gewen het)
[1]
en om te regeer met tradisionele leiers.
[2]
.
Die party is sosiaal konserwatief, is teen
selfdegeslaghuwelike
en ten gunste van die reg om kinders te dissiplineer. Dit is teen grond onteiening sonder vergoeding, en wil
Swart Ekonomiese Bemagtiging
vervang met ekonomiese bemagtiging wat gebaseer is op
armoede
eerder as ras.
[3]
[4]
Die party het aan die
Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2019
deelgeneem.
Verkiesing
|
Stemme
|
%
|
Setels
|
2019
[5]
|
4 247
|
0,02
|
0
|