in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Inheemse volke
, ook bekend as
Eerste Nasies
of
Aboriginale volke
, is
etniese groepe
wie die oorspronklike setlaars van 'n gegewe streek is, in teenstelling met groepe wat hulle later gevestig of die gebied meer onlangs beset of gekoloniseer het. Groepe word gewoonlik as inheems beskryf wanneer hulle tradisies of ander aspekte van 'n vroee
kultuur
, wat met 'n gegewe streek geassosieer word, handhaaf. Nie alle inheemse volke deel hierdie eienskap nie, omdat volke byvoorbeeld belangrike elemente van 'n koloniserende kultuur, soos
kleredrag
, godsdiens of
taal
, kan aangeneem het. Inheemse volke kan in 'n gegewe streek gevestig het (sittende) of 'n
nomadiese
lewenstyl oor 'n groot gebied handhaaf, maar hulle word oor die algemeen histories met 'n spesifieke gebied, waarop hulle bly, geassosieer. Inheemse samelewings kan in elke bewoonbare
klimaat
en op elke
vasteland
van die wereld aangetref word.
[1]
[2]
Aangesien inheemse volke dikwels te kampe het met die bedreiging van hul soewereiniteit, ekonomiese welstand en hul toegang tot die hulpbronne waarvan hul kulture afhanklik is, is
internasionale regte
deur internasionale organisasies soos die
Verenigde Nasies
, die Internasionale Arbeidsorganisasie en die
Wereldbank
uiteengesit.
[1]
Die Verenigde Nasies het 'n verklaring oor die regte van inheemse volke (UNDRIP) uitgereik, om nasionale beleidsrigtings van sy lidlande te begelei ten einde van die kollektiewe regte vir inheemse volke, soos kultuur, identiteit, taal en toegang tot werk, gesondheidsorg, onderwys en natuurlike hulpbronne te vergemaaklik. Skattings plaas die totale bevolking van inheemse volke op tussen 220 miljoen en 350 miljoen.
[3]
Die Internasionale Dag van die wereld se inheemse volke word jaarliks op 9 Augustus gevier.
- ↑
1,0
1,1
(
en
)
Sanders, Douglas (1999). "Indigenous peoples: Issues of definition".
International Journal of Cultural Property
.
8
: 4?13.
doi
:
10.1017/S0940739199770591
.
- ↑
(
en
)
Acharya, Deepak and Shrivastava Anshu (2008): Indigenous Herbal Medicines: Tribal Formulations and Traditional Herbal Practices, Aavishkar Publishers Distributor, Jaipur, India.
ISBN 978-81-7910-252-7
. bl. 440
- ↑
Bodley 2008:2