한국   대만   중국   일본 
Ingolstadt - Wikipedia Gaan na inhoud

Ingolstadt

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Ingolstadt

Kaart Wapen
Vlag
  Land Vlag van Duitsland  Duitsland
  Deelstaat Beiere
  Koordinate 48°46′N 11°25′E  /  48.767°N 11.417°O  / 48.767; 11.417
  Stigting 806 (eerste verwysing)
  Stadstatus 1200
  Oppervlakte:  
 - Totaal 133,35 vk km
  Hoogte bo seevlak 374 m
  Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2010) 125 088 [1]
 - Bevolkingsdigtheid 938/vk km
  Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2
  Burgemeester Alfred Lehmann (CSU)
  Amptelike Webwerf www.ingolstadt.de

Ingolstadt is 'n stad aan die oewer van die Donourivier in die middel van die federale deelstaat Beiere , Duitsland . Dit het 125 088 geregistreerde inwoners in 2010 gehad wat dit die sesde grootste stad in Beiere maak.

Die hoofkantoor van die Duitse motorvervaardiger Audi is in Ingolstadt gelee, sowel as die hoofkantoor van die Media-Saturn Holding met sy elektroniese handelaars MediaMarkt en Saturn .

Geskiedenis en Kultuur [ wysig | wysig bron ]

Ingolstadt is vir die eerste keer genoem in 'n dokument van Karel die Grote op 6 Februarie 806 as "Ingoldes stat", die plek van Ingold. Ingolstadt verkry sy stadstatus teen omtrent 1250 .

Ingolstadt was die hoofstad van die hertogdom Beiere-Ingolstadt tussen 1392 en 1447 . Daarna is Ingolstadt verenig met Beiere-Landshut. Louis VII, hertog van Beiere beveel die bou van die Nuwe Kasteel wat sterk beinvloed is deur die Fransgotiese boustyl. In 1472 stig Louis IX, Hertog van Beiere die Ludwig-Maximilians-Universiteit in Ingolstadt, wat in 1800 na Landshut en op die ou einde na Munchen verskuif.

As oorspronklik 'n vestingstad, word Ingolstadt deur 'n middeleeuse muur omring. Die Beierse fort ( 1537 - 1930 ) huisves vandag die museum van die Beierse leer . 'n Drilparade oorbrug steeds die rivier, twee lugmagbasisse is naby daaraan gelee, waarvan een vir die toets van vliegtuie gebruik word. Die lang militere geskiedenis van die stad word vandag in die siviele en kulturele lewe weerspieel. Voorheen "toegang verbode"-gebiede word nou as openbare parke gebruik. Die bekende skrywer Marieluise Fleisser het Pioniere in Ingolstadt in 1928 geskryf.

Ingolstadt is die stad waar Willem IV die Beierse Reinheitsgebot , die oudste voedselwet wat steeds in gebruik is, in 1516 geskryf en geteken het. Adolf Scherzer komponeer die Bayerischen Defiliermarsch, Mary Shelley se Frankenstein is verwant aan die Ingolstadter alte Anatomie , nou museum vir mediese geskiedenis. In 1748 word Adam Weishaupt in Ingolstadt gebore.

Literere verwysings [ wysig | wysig bron ]

Ingolstadt is die ligging van Mary Wollstonecraft Shelley se roman Frankenstein en is 'n sleutelligging in The Illuminatus! Trilogy deur Robert Shea en Robert Anton Wilson.

Dr. Faust word in 'n ou en kort plaaslike verhaal genoem.

Die X-Files -episode "The Post-Modern Prometheus" verwys na die Universiteit van Ingolstadt. Dit is waarskynlik 'n Frankenstein-verwante verwysing, aangesien die episode heelwat verwysings daarna bevat.

Susterstede [ wysig | wysig bron ]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. " Bevolkerung (Anzahl) 2010 " . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2021 . Besoek op 27 April 2012 .

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]