한국   대만   중국   일본 
Hyundai Motormaatskappy - Wikipedia Gaan na inhoud

Hyundai Motormaatskappy

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hyundai Motormaatskappy
Tipe Aandelemaatskappy
Gestig 29 Desember 1967
Hoofkantoor Seoel Suid-Korea
Sleutelpersone Chung Mong-koo ( Voorsitter en hoof uitvoerende beampte )
Gebied bedien Wereldwyd
Industrie Motorvervaardiger
Produkte Motors, kommersiele voertuie, enjins
Dienste onderdele, onderhoudsdiens, finansiering, versekering
Inkomste $86 miljard (2013)
Bedryfsinkomste $8,2 miljard (2013)
Netto inkomste $8,4 miljard (2013)
Werknemers 63 099 (2013)
Moedermaatskappy Hyundai Motorgroep
Divisies Kia
Webwerf worldwide.hyundai.com

Die Hyundai Motormaatskappy is 'n multinasionale motorvervaardiger met sy hoofkwartier in Seoel , Suid-Korea . Die maatskappy is in 1967 gestig en vorm saam met sy filiaal van 32.8%, Kia Motors , die Hyundai Motorgroep, wat die wereld se vyfde grootste motorvervaardiger is gebaseer op jaarlikse voertuigverkope in 2012. [1] [2] Sedert 2008 word Hyundai Motors (sonder Kia) beskou as die wereld se agtste grootste motorvervaardiger. [3] Hyundai het in die 2012-jaar meer as 4,4 miljoen voertuie wereldwyd verkoop, [4] hulle totale verkope saam met Kia was 7,12 miljoen. [5]

Hyundai Elantra
Hyundai Nexo
2021 Hyundai Prophecy

Hyundai is tans die vierde grootste motorvervaardiger ter wereld. Hyundai bedryf die wereld se grootste geintegreerde motorvervaardigingsfasiliteit [6] in Ulsan, Suid-Korea, wat 'n jaarlikse produksiekapasiteit van 1,6 miljoen eenhede het. Die maatskappy het ongeveer 75 000 werknemers wereldwyd in diens. Hyundaivoertuie word in 193 lande deur meer as 6 000 handelaars en vertoonlokale bemark.

Bekende Hyundaimodelle in Suid-Afrika is/was:

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. "Hyundai, Kia see slower sales growth in 2012" . Reuters (in Engels). 2 Januarie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2015.
  2. "UPDATE 3-S.Korea's Hyundai, Kia expect slowest sales growth in 10 yrs" . Reuters (in Engels). 2 Januarie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2015.
  3. "World Ranking of Manufacturers 2008 by production" (PDF) . OICA.
  4. "Hyundai Motor Reports 2012 Global Sales Of 4.4 Million Vehicles" . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 November 2013 . Besoek op 2 April 2015 .
  5. "Highlights of 2013 New Year's Speech" . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 November 2013 . Besoek op 2 April 2015 .
  6. Taylor III, Alex (5 Januarie 2010). "Hyundai smokes the competition" . CNN.